Bonhoeffer (28)

There are no non-religious activities; only religious and irreligious. —C.S. Lewis

 

Bonhoeffer (28)

Die geloofsgemeenskap leef deur die voorbidding van sy lede vir mekaar. Gebeur dit nie, sal die gemeenskap vernietig word. Ek kan nie ander gelowiges vir wie ek bid, haat of veroordeel nie – al skep hulle baie probleme vir my.

 

Here, mag ek diegene met wie ek in konflik is, sien as u geliefdes. Mag ek u liefde vir hulle deel deur vir hulle te bid. Amen.

 




Bemoediging

Do not stand gazing at the imperfections which the Word of God reveals [of yourself to you], but having learnt where you come short, dare to believe that Jesus Christ is the true counterpart of your need; that He is strong where you are weak, and full where you are empty.” F.B. Meyer

 

Bemoediging

As ons die woord bemoedig in die Skrif raakloop, beteken dit “om sterk te maak.” As dit so is, is dit duidelik dat elke Christen voortdurend bemoedig moet word. In die Nuwe Testament lees ons van vier bronne van bemoediging.

 

1.Christus. Aangesien julle die troos in Christus ondervind het, die aansporing deur die liefde, die gemeenskap deur die Gees, die innige meegevoel en meelewing – maak dan nou my blydskap volkome deur eensgesind te wees: een in liefde, een van hart een in strewe (Filippense 2:1 – 2)

2.Die Ou Testament. Alles wat vooraf in die Skrif opgeteken is, is tog opgeteken om ons te leer sodat ons deur die standvastigheid en bemoediging wat die Skrif ons gee, vol hoop kan wees (Romeine 15:4).

3.Christenleiers. Nadat die oproer bedaar het, het Paulus die gelowiges bymekaar geroep en hulle moed ingepraat. Daarna het hy hulle gegroet en Masedonië toe vertrek. Op sy reis deur daardie gebiede het hy die gelowiges telkens met sy prediking bemoedig (Handelinge 20:1 – 2). Ook: Iemand wat profeteer, rig hom tot mense en praat woorde wat geestelik opbou en bemoedig en vertroosKorintiërs 14:3).

4.Medegelowiges. As ek by julle is, ons deur mekaar se geloof bemoedig kan word, ek deur julle s’n en julle deur myne (Romeine 1:12).

 

Vir elkeen van hierdie vier bronne kan ons nog baie verse byvoeg. Ons het ook nog ‘n bykomende bron gekry: die Nuwe Testament.

 

 

 




Evangelisasie

Death is like my car. It takes me where I want to go. —John Piper

 

Evangelisasie

As ons Johannes 4 lees, sien ons daar is drie mense betrokke by evangelisasie: die ongelowiges  (die Samaritaanse vrou), die gelowiges en God. Watter rol speel elkeen?

 

1.Die rol van die ongelowige. Dit is jou vriende, familie, medewerkers – diegene met wie jy die evangelie wil deel. Hoe beskryf die Skrif hulle?

  • Dood: Julle was dood as gevolg van julle oortredings en sondes (Efesiërs 2:1)
  • Blind: As die evangelie wat ons verkondig, tog nog met ‘n sluier bedek is, is dit bedek net vir dié wat verlore gaan. Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die God van hierdie wêreld verblind is, sodat hulle die lig van die evangelie nie kan sien nie (2 Korintiërs 4:3 – 4).
  • Geestelik dwaas: Die mens wat nie die Gees van God het nie, aanvaar nie die dinge van die Gees van God nie. Vit hom is dit onsin. Hy kan dit ook nie verstaan nie, omdat dit geestelik beoordeel moet word (1 Korintiërs 2:14).
  • Verlore: Hy het hulle innig jammer gekry, want hulle was soos skape wat nie ‘n wagter het nie (Markus 6:34).
  • Verslaaf en haatlik: Vroeër was ons ook onverstandig, ongehoorsaam, op die verkeerde pad, verslaaf aan allerlei begeertes en singenot; ons het ons lewe in kwaadwilligheid en jaloesie deurgebring; ons was haatlik en het mekaar gehaat (Titus 3:3).

 2.Die rol van God. In evangelisasie gaan God voor ons, met ons en na ons. Wat sê die Skrif van Hom?

  • Hy trek ons na Homself: Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie (Johannes 6:44).
  • Hy gee nuwe lewe: Ek het geplant, Apollos het natgegooi, maar dit is God wat laat groei het (1 Korintiërs 3:6).
  • Hy stuur dissipels: Aan My is alle mag gegee in die hemel en op aarde. Gaan dan na al die nasies toe en maak die mense my dissipels (Matteus 28:18 – 19).
  • Hy wil hê dat almal gered moet word:  So is dit goed en aanneemlik vir God, ons Verlosser,  wat wil hê dat alle mense gered word en tot kennis van die waarheid kom (1 Timoteus 2:3 – 4).
  • Bereid om te oordeel: En wanneer Hy kom, sal Hy bewys dat die wêreld skuldig is aan sonde, en dat die reg aan my kant is, en dat die oordeel al gekom het (Johannes 16:8).

Evangelisasie werk, want God is betrokke – Hy oortuig, Hy trek mense na Hom, Hy stuur en Hy gee. Hy is vol deernis en tree op vir sy skepping.

 

3.Die rol van die gelowige. God het aan ons die voorreg gegee om saam met Hom te werk Wat sê die Skrif van die gelowiges?

  • Ons behoort aan God: Aan almal in Kolosse wat aan God behoort, getroue broers in Christus (Kolossense 1:2).
  • Dienaars: Sy het agter Paulus en ons aangeloop en aanhoudend geskreeu: “Hierdie mense is dienaars van God, die Allerhoogste” (Handelinge 16:17).
  • Planters: Ek het (die saad) geplant (1 Korintiërs 3:6).
  • Natgooiers: Apollos het natgegooi (1 Korintiërs 3:6)
  • Arbeiders: Die oes is groot, maar die arbeiders min. Bid dan die Here aan wie die oes behoort, om arbeiders uit te stuur vir sy oes (Lukas 10:2).
  • Getuie: Maar julle sal krag ontvang wanneer die heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en in Samaria en tot in die uithoeke van die wêreld (Handelinge 1:8).
  • Onderskeiding: Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is (Kolossense 4:5).
  • Afhanklik: Niemand kan na My toe kom as die Vader wat My gestuur het, hom nie na My toe trek nie (Johannes 6:44)

 

Ons bring Christus na die ongelowiges. Die groot vraag is: Is ons gewillig om gebruik te word?

 

 

 




Bonhoeffer (27)

There are no non-religious activities; only religious and irreligious. —C.S. Lewis

 

Bonhoeffer (27)