Psalm 119:37

 “The mark of a good church is not its seating capacity but its sending  capacity” (Mark Stachura). 

 

Psalm 119:37

Weerhou my van ‘n nuttelose lewe, laat my leef op die weg wat U aanwys (NAV)

Wend my oë af, dat hulle geen nietigheid sien nie; maak my lewendig in u weë (OAV)

Keer dat ek nie na dinge kyk waarvan U niks hou nie. Om te leef soos U wil hê; dis al wat ek vra! (Die Boodskap).

  

Na watter nuttelose dinge kyk jy? Ek dink nie psalmis dink hier aan Facebook of blogs of Twitter of Youtube nie. Nuttelose dinge trek my weg van God af. Feitlik alles kan nutteloos wees as dit my aandag wegtrek van wat regtig belangrik is.

 

Die psalmis maak dit baie duidelik dat waarde verkry word deur te leef op die weg wat God vir ons aanwys. Hy vra dat God sy oë moet afwend van dit wat nutteloos is en vestig op dit wat waardevol is. God en God se woord is al wat vir hom waardevol is.

 

Here, help ons om op U en u woord te fokus. Amen.

 




Dit is ‘n betroubare woord

One ought, every day at least, to hear a little song, read a good poem, see a fine picture, and if possible, to speak a few reasonable words – Goethe

Dit is ‘n betroubare woord

In Timoteus en Titus maak Paulus vyf maal die stelling: Dit is ‘n betroubare/waar woord.

 

  • 1 Timoteus 1:15: Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word. Wat in hierdie woord? Christus Jesus het in die wêreld gekom om sondaars te verlos. As gevolg van hierdie verdraagsaamheid van God kom al die eer en heerlikheid aan Hom toe.
  • 1 Timoteus 3:1: Dit is ‘n waar woord: as iemand graag ouderling wil wees, begeer hy ‘n voortreflike werk. Paulus gaan dan verder en bespreek die eienskappe en verantwoordelikhede van ouderlinge.
  • 1 Timoteus 4:9: Dit is ‘n betroubare woord en kan sonder voorbehoud aanvaar word … want ons het ons hoop op die lewende God gevestig, wat die Verlosser is van alle mense, van almal wat glo.
  • 2 Timoteus 2:11: Dit is ‘n betroubare woord: As ons saam met Hom gesterf het, sal ons ook saam met Hom lewe; as ons in die geloof volhard, sal ons saam met Hom regeer; as ons Hom verloën, sal Hy ons ook verloën; as ons ontrou is – Hy bly getrou: Hy kan Homself nie verloën nie. Hier bevestig Paulus sekere basiese waarhede oor ons verhouding met Christus.
  • Titus 3:8: Dit is ‘n betroubare woord. God se goedheid en liefde vir die mens het in Christus verskyn. Daarom het Hy ons verlos, nie op grond van iets wat die mens gedoen het nie, maar op grond van sy eie ontferming. God het dit deur die Heilige Gees wat nuwe lewe gee, gedoen. So word die mens ‘n erfgenaam van die ewige lewe.

Hier is vyf stellings wat die basiese waarhede van ons geloof bevestig.




Bonhoeffer (26)

Life is an adventure in forgiveness. -Norman Cousins

Bonhoeffer (26)

 




Dwaalleraars

It’s not only what we do, but also what we do not do for which we are accountable –  Moliére

Dwaalleraars

Ons kry dwaalleraars dwarsdeur die verhaal van die Bybel. Hulle beklemtoning verskil, maar basies verkondig hulle iets wat van die Skrif (waarheid) wat aan ons deur Christus toevertrou is, verskil. In die Nuwe Testament kry ons dwaalleraars wat te streng is (hulle vereis dinge wat God nie vereis nie); ander dwaalleraars is weer laks (hulle onderhou nie God se vereistes nie).

 

In die Nuwe Testament gaan verkeerde onderrig en verkeerde gedrag saam. Dwaalleer is nie net ‘n intellektuele saak nie – dit is ook ‘n morele saak. Die teenoorgestelde is ook dikwels waar: morele foute en probleme met die leer gaan dikwels saam. Die genade van God wat verlossing bring, het immers aan alle mense verskyn. Dit voed ons op om die goddelose leefwyse en wêreldse begeerlikhede te laat vaar (Titus 2:11- 12).

Dwaalleraars moet tereggewys en stilgemaak word. Daar is sekere mense wat vals leerstellings versprei, en jy moet hulle dit verbied (1 Timoteus 1:3). Hoekom beskou Paulus dwaalleer in so ‘n ernstige lig?

  • Hulle bring hele huisgesinne in beroering deur dinge te leer wat nie toelaatbaar is nie, en dit net om skaamteloos geld te maak (Titus 1:11)
  • Daardeur vernietig hulle die geloof van sommige (2 Timoteus 2:18).
  • En hulle woorde sal voortvreet soos kanker
  • Hulle gee voor dat hulle God ken, maar hulle dade weerspreek dit (Titus 1:16).

Paulus glo dat daar hoop is vir hierdie dwaalleraars: Dit kan wees dat God hulle bekeer, en hulle tot kennis van die waarheid bring (2 Timoteus 2:25). Maar as hulle volhou op hulle verkeerde pad moet Christene niks met hulle te doen hê nie (Titus 3:10).