Moslems vir Christus (2)

The church lies at the very center of the eternal purpose of God. It is not a divine afterthought. It is not an accident of history (John Stott).

 Moslems vir Christus (2)

J. D. Greear (Breaking the Islam Code) skryf oor ons benadering tot Moslems. In Galasiërs 2:7 praat Paulus van Petrus se taak om die evangelie aan die Jode en sy eie taak om die evangelie aan die nie-Jode te verkondig. Wat ons nodig het, is ‘n evangelie wat aan die Moslems verkondig moet word. Natuurlik word almal – ook Moslems – deur een evangelie gered. Soms, om die meer verstaanbaar te maak, moet hierdie evangelie op verskillende maniere uitgedruk word.

 

Drie woorde beskryf die Westerse benadering tot die evangelie: formule, vergifnis, dood. Die evangelie word tipies as ‘n aantal stellings oor God (‘n formule) aangebied. Hierdie stellings hanteer ons behoefte aan vergifnis. Die basis van hierdie vergifnis is die dood van Jesus Christus. Daar is niks hiermee verkeerd nie.

Vir Moslems stel Greear drie ander woorde voor: storie, reiniging, oorwinning.

1. In plaas van die evangelie as ‘n formule aan te bied, laat die storie van die evangelie voor hulle oopvou. As ons kom met stellings oor die evangelie, kom hulle terug met hulle eie stellings Hulle is egter nuuskierig oor die Bybel, want dit bevat die stories van die profete wie se name hulle al gehoor het. In hierdie stories word Christus geopenbaar. Dit maak in hulle ‘n begeerte wakker.

2.Beklemtoon die reinigingskrag van die evangelie. Moslems verstaan die noodsaaklikheid vir reiniging. Hulle ondergaan self ‘n reinigingsritueel. Hierdie reiniging is net uitwendig, maar God bied reiniging vir die siel aan.

3.In plaas daarvan om Jesus se kruisdood te beklemtoon, moet ons Jesus se oorwinning aan die kruis en sy opstanding beklemtoon. Moslems glo God is almagtig en genadig – hulle verklaar dit elke keer as hulle bid. Watter groter demonstrasie van mag is daar as juis God se mag wat sonde en die dood oorwin het?

Die Bybel is die storie van ‘n God wat oorwin en ons reinig sodat ons vir altyd saam met Hom kan leef.




Die verlore seun

Christ is the cause of the greatest division, but he is also the medium of the greatest union – C. H. Spurgeon

Die verlore seun

Weer ‘n stukkie van Henri Nouwen. Hierdie keer kyk hy na die gelykenis van die verlore seun. [Hy het ‘n uitstekende boek oor hierdie gelykenis geskryf: The Prodigal Son.]

 

 

In hierdie gelykenis is daar twee seuns (Lukas 15:11 – 32). Die jonger seun hardloop weg van die huis na ‘n vreemde land; die ouer seun bly by die huis en doen sy plig. Die jonger seun vergryp hom aan drank en seks; die ouer seun werk hard en vervul pligsgetrou al sy take. Beide is verlore. Hoe is dit moontlik? Hulle vader treur oor beide, want met nie een van hulle ervaar hy die intimiteit wat hy begeer nie.

 

Beide wellus en koue gehoorsaamheid kan verhoed dat ons ware kinders van God kan wees. Of ons nou soos die jonger seun of soos die ouer seun is, ons moet terug huis toe kom – ‘n plek waar ons in die arms van God se onvoorwaardelike liefde kan rus.

 




My verhouding met nie-Christene

If the state commands what God forbids, or forbids what God commands, then our plain Christian duty is to resist, not to submit, to disobey the state in order to obey God (John Stott).

My verhouding met nie-Christene

In Romeine 12:14 – 21 gee Paulus duidelike riglyne vir ons verhouding met nie-Christene. In hierdie gevalle mag daar konflik en vervolging ter sprake wees. Hy noem vier negatiewe opdragte gevolg deur vier positiewe opdragte.

 1.Moenie jou vervolgers vervloek nie, maar seën hulle.

 2.Moenie kwaad met kwaad vergeld nie, maar wees goedgesind teenoor alle mense – ook diegene wat teen jou is. As dit enigsins moontlik is, moet jy in vrede met alle mense leef.

3.Ons moenie self wraak neem nie – ons moet dit aan God oorlaat.

4.Ons moenie toelaat dat die kwaad ons oorwin nie, maar ons moet die kwaad met die goeie oorwin.

Dit is belangrik dat ons duidelik onderskei tussen ons verantwoordelikheid en God se verantwoordelikheid. God straf en vergeld – nie ons nie. Deur goed te doen aan jou vyande maak jy hom vuurrooi van skaamte. Hierdie is ‘n verwysing na Speuke 25:21 – 22: As iemand wat jou haat, honger is, gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink. Die Here sal jou daarvoor vergoed, en jy sal jou vyand vuurrooi van skaamte laat word.

 

Liefde vir die vyand is sekerlik een van die moeilikste opdragte in die Bybel. Jesus self het hierdie opdrag aan ons in sy bergrede gegee: Julle moet julle vyande liefhê, en julle moet bid vir dié wat julle vervolg (Matteus 5:44).

 

 




Bonhoeffer (23)

“The Bible tells us to love our neighbors, and also to love our enemies; probably because they are generally the same people.” – G. K. Chesterton


Bonhoeffer (23)

 

Hulle honger en dors daagliks na geregtigheid en daarom verlang hulle na die verlossende Woord – weer en weer. In hulleself is hulle dood; hulp moet van buite kom. Dit het gekom en kom daagliks weer en nuut in die Woord van Jesus Christus. Hierdie Woord bring verlossing, vryspraak, onskuld en seën. Maar God het sy Woord in die monde van mense geplaas sodat hulle vir ander kan vertel. As mense diep geraak is deur die Woord vertel hulle vir ander daarvan. God het bepaal dat ons sy lewende Woord sal soek en vind – in die getuienis van ander Christene; uit die mond van ander mense. Daarom het Christene ander Christene wat hulle vertel van God se Woord nodig. Hulle het hulle veral nodig as hulle onseker of ontmoedig is.