Sosiale Media

Faith, in the sense in which I am here using the word, is the art of holding on to things your reason has once accepted, in spite of your changing moods. C. S. Lewis

Sosiale Media

Bill Easum sê dat hy amper klaar is met die sosiale media. Hoekom? As hy wou reageer op almal wat met hom wil verbind, sou dit hom meer as ‘n uur elke dag geneem het.

Alhoewel hy besef dat die mense sou dink dat hy die kluts kwyt is, voel hy ‘n bietjie balans in die proses is nodig. Niemand hoef met die hele wêreld verbind te word nie. Met die uitsondering van Facebook en Linkedin blokkeer hy al die ander. Die lewe is te kort om so verbind te wees.

Natuurlik sal baie mense van hom verskil. Waarvoor hy pleit is balans. Ons is so besig met al hierdie dinge dat ons nie meer tyd het vir persoonlike verhoudings – ons gesinne, ons vriende, ons geloofsgemeenskap – nie.

 

Moenie van die sosiale media ‘n afgod maak nie.




Bonhoeffer (18)

When God creates faith in a man, that is verily so great a work as if He created heaven and earth anew – Martin Luther.

Bonhoeffer (18)




Hoekom sing ons?

If a man tells me that he is humble, I know him to be profoundly proud. —C.H. Spurgeon

Hoekom sing ons?

Hoekom sing ons Sondae in die kerk? Is dit net ‘n warmmaakoefening vir die preek of is dit ‘n tyd waar ons met mekaar deel? Sing ons om ons goed te laat voel voor ons by die ernstige sake – die preek – kom?

Paulus sê in Kolossense 3:16: Die boodskap van Christus moet in sy volle rykdom in julle bly. Leer en onderrig mekaar met alle wysheid. Met dankbaarheid in julle harte moet julle psalms, lofgesange en ander geestelike liedere tot eer van God sing. Ons sing psalms, lofgesange en ander geestelike liedere met dankbaarheid vir God in ons harte – die Woord van Christus is in ons harte. Paulus sê nie ons moet sing om goed te voel of om ‘n emosionele ondervinding te hê nie – nie dat dit verkeerd is nie.

Kyk na Jesus

It is not your hold of Christ that saves, but his hold of you! —C.H. Spurgeon

Kyk na Jesus

Die skrywer van Hebreërs skryf aan mense wat vir een of ander rede sukkel met hulle geloof. Hulle is nie teen Jesus nie, maar hulle geloof het afgekoel. Om vir Jesus te volg, het vir hulle moeilik geword.

Baie van ons weet hoe dit voel. Miskien het ons vrae waarvoor ons nie antwoorde het nie; miskien sukkel jy met versoekings; miskien is jy eensaam of het jy seer. Toe ons aanvanklik na Jesus toe gekom het, was dit opgewondenheid en vreugde – nou is dit ‘n spanning.


In Hoofstuk 2 kom die skrywer by die tema van die hele boek: Kyk na Jesus. Hy teken vier beelde van Jesus Christus:

  • Hy is ‘n Koning wat betrokke is;
  • Hy is ‘n Kampioen wat red;
  • Hy is ‘n broer wat nie skaam is nie; en
  • Hy is ‘n Priester wat kan help.


Die skrywer sê nie wat met ons verkeerd is en gee ‘n streng opdrag dat ons dinge self moet regstel nie. Hy sê dat ons na Christus moet kyk en na wat Hy reeds vir ons gedoen het. Dit is die verskil tussen godsdiens en die evangelie. Godsdiens sê vir ons wat verkeerd is en hoe ons dit moet regmaak; die evangelie sê vir ons wat Jesus reeds gedoen het en sê ons moet daarvolgens lewe. Godsdiens verander as gevolg van ‘n opdrag; die evangelie verander deur wat ons sien.

 

Waarmee sukkel jy? Is jy moedeloos, wanhopig, alleen, ontmoedig oor jou sonde … Wat jy nie nodig het nie, is wilskrag of ‘n nuwe opdrag of nuwe motivering nie. Wat jy nodig het is ‘n Verlosser wat jy kan vertrou – ‘n toevlug. Kyk na Jesus.

 

Ons hoor altyd dat ons onsself moet ken – ons krag lê in ons. Die Bybel sê: “Moenie na binne kyk nie. Leer Jesus ken.” Baie kerke sê: “Ontdek jou potensiaal. Ontdek die kampioen in jou.” Die Bybel sê dat jy die Kampioen in die Skrif moet ontdek. Om in sy oorwinning te rus, is belangriker as om jou potensiaal te ontdek.

 

As ons Jesus sien vir wie Hy werklik is, sal ons lewe verander. Hou vas aan Hom. Die Bybel het een teenmiddel vir alle geestelike siektes: Kyk na Jesus.