JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (5)

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (5) – Jan van der Watt

deel 3 – Wat is die betekenis van die kruis volgens die ander boeke van die Nuwe Testament (Paulus en Johannes uitgesluit)?

† Die Evangelies sê nie so graag ons moet glo nie, maar verduidelik dit graag – hy sê ons moet Jesus navolg. As voorbeeld van wat dit beteken gebruik hy dit kruis.

Lees die volgende twee verse en dink na oor wat dit presies in ons praktiese alledaagse lewe beteken…………………………………….

opneem en My volg nie, is nie werd om aan My te behoort nie.

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt

 




JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (4)

JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (4) – Jan van der Watt 

b) Hoe het Johannes die kruis gesien?

  • Johannes sien die kruis uit ‘n heeltemal ander lig. Hy lê die klem nie op die vernedering van die kruis nie, maar die kruis is die plek waar Jesus “verhoog” en verheerlik is. Lees die volgende gedeeltes en kyk of jy kan agterkom wat Johannes wil sê: Joh 3:15; 12:22-28, 30-33; 17:1………

 

  • Johannes vertel ook sy kruisverhaal om die mag en koningskap van Jesus te beklemtoon. Kyk na die volgende voorbeelde:
  • Jesus sweet nie druppels soos bloed in die tuin van Getsemane nie en Judas hoef hom ook nie te kom soek of selfs te soen nie. Jesus gee Homself oor (Lees Joh 10:17-18 in die lig van 18:1-11). Sou jy sê Jesus word hier beskryf as die magtelose gevangene of die Persoon in beheer en waarom?……………………………………………………………………….

  •  

    Prof Jan van der Watt

     

     




  • JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (3)

    JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (3) – Jan van der Watt

    deel 2 – Wat is die betekenis van die kruis volgens Paulus en Johannes?

    Die kruis, wat eintlik in daardie tyd ‘n skande was, het die sentrum van die boodskap van die Christene geword. Dit was die plek waar die verlossing werklikheid geword het. Wat beteken die kruis volgens die Nuwe Testament vir ons?

     

    a) Hoe het Paulus die kruis gesien?

  • Lees nou ook 1 Kor 1:18-25 oor hoe die ander mense die kruis en boodskap van Jesus gesien het. In Fil 2:8 word die kruis dan ook ‘n vernedering in die uiterste graad genoem. Sien ook Gal 5:11. In Gal 6:12 noem Paulus dat die kruis nie ‘n gerieflike boodskap was nie, maar dat dit vervolging veroorsaak het. Nogtans het die Christene nooit daaroor die boodskap verander of laat vaar nie. Ons moet ook onthou dat die opstanding nooit deur Paulus los van die kruis gesien word nie. In 1 Kor 2:2 sê Paulus dat sy enigste boodskap die kruisboodskap is, maar in 1 Kor 15:16-18, as hy sy brief afsluit, sê hy dat sonder die opstanding alles tevergeefs is – die kruis en opstanding gaan saam.

    • : Vanweë dit wat aan die kruis gebeur het, is Paulus vir die wêreld dood en die wêreld is vir hom dood (hier gaan dit oor sy status wat nie meer deur die wêreldse dinge bepaal word nie). Nee, Hy is nou ‘n nuwe mens in die wêreld van God (Lees Gal 6:14-16). Lees ook 2 Kor 5:16-19 om Galasiërs beter te verstaan.

     

    • Ef 2:13-18 beskryf hoe God die grense tussen nie-Jode en Jode afgebreek het. (Die skeiding tussen Jode en nie-Jode was nogal skerp in daardie tyd. Die Jode het gevoel dat as iemand ‘n kind van God wil word, moet hy of sy ‘n Jood word. Paulus sê nee. Met die kruis het Jesus dinge kom verander. Daar is nou ‘n nuwe familie waarin almal welkom is). Jesus het deur sy kruis dit reggekry dat almal vriende en kinders van God kan wees. Beskryf in jou eie woorde hoe jy Ef 2:13-18 sien. Lees nou Kol 1:20 en sê hoe jy dink hierdie vers by Efesiërs se boodskap aansluit.

  •  Skrywer: Prof Jan van der Watt

     




  • JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (2)

    JESUS WORD GEKRUISIG EN BEGRAWE (2) – Jan van der Watt

    Daar is ‘n hele klomp interessante dinge wat rondom die kruisiging van Jesus gebeur het:

  • Dit was soos ‘n kampeerterrein buite die stad, want die stad self was vol mense. Die Romeine het egter die situasie mooi dopgehou, want sulke saamtrekke kon maklik hand uitruk. As Jesus gekruisig word, is dit dan ook as politieke gevangene. Bokant sy kruis staan daar dat Hy as die “koning van die Jode” gekruisig is, met ander woorde, dit was sy oortreding – Hy het voorgegee om die koning van die Jode te wees volgens die uitspraak van Pilatus.
  • Joods en Romeins: Die Romeine was die politieke heersers van die Joodse gebied. Hulle het die Jode onder leiding van die hoëpriester toegelaat om oor hulle eie sosiale en godsdienstige sake besluite te neem. Daarvoor het hulle ‘n spesiale raad gehad, naamlik, die Sanhedrin. Die Jode wou van Jesus ontslae raak, omdat hulle gedink het Hy is ‘n lasteraar en moeilikheidmaker. Daarom verhoor hulle hom eers (Mk 14:53-65). Volgens Johannes het hulle egter nie die reg gehad om iemand ter dood te veroordeel nie (Joh 18:31). Daarom het hulle hom na die politieke leier gestuur – hy kon Jesus ter dood veroordeel en het dit ook onder druk van die Jode gedoen.
  • : Judas het Jesus verraai, maar waarom was dit nodig (Markus 14:10-11)? Jesus hulle het in die tuin van Getsemane tussen baie ander mense die nag gaan deurbring. Jesus was ook nie van Jerusalem self nie. Hy het uit die noorde, uit Galilea, gekom en was dus nie so bekend nie. Paulus, wat toe ook ‘n jong Fariseër in Jerusalem was, het Jesus glad nie ontmoet nie. Aangesien daar ook nie ligte en sulke dinge in die tuin was nie, sou die soldate maklik ‘n fout kon maak en die verkeerde persoon kon vang. Daarom het hulle iemand saamgevat wat presies geweet het waar om Jesus te kry en toe hulle daar kom, moes hy Jesus spesifiek identifiseer, in sy geval deur Jesus te soengroet (Mk 14:45).
  • Dit is nie maar per toeval dat Jesus by sy laaste ete die nagmaal ingestel het nie. Etes in die destydse wêreld was eintlik sosiale gebeure. Jy het net saam met jou beste vriende geëet en familie en vriende het dit ook gereeld gedoen. Deur nou vir die dissipels te vra om by die etes elke keer aan Jesus terug te dink, het beteken dat hulle gereeld aan Hom bly dink as hulle vriend. Die gedagtes moet hulle dan telkens herinner aan wie hulle is en wat Jesus vir hulle gedoen het. Deur dit aan ‘n ete te bind beteken dat hulle nooit sal vergeet om dit te doen nie, want hulle moet altyd eet.
  • Dat Pilatus nie gedink het Jesus is skuldig of dat Hy die dood verdien nie, word in die Evangelies beklemtoon. Pilatus was selfs sy hande in onskuld. Dit maak die skuld van die mense wat Hom wou kruisig nog groter.
  • Volgende keer kyk ons na die betekenis van die kruis volgens Paulus en Johannes.

     

    Skrywer: Prof Jan van der Watt