Christene moet lesers wees!

The knowledge of faith consists in assurance rather than in comprehension – Calvyn

Christene moet lesers wees!

Hoekom is dit belangrik dat Christene gereeld moet lees? Tim Gombis gee vier redes:

  • Om te weet

Die beste rede om boeke te lees, is om God te leer ken.

Ons glo dat elkeen van ons vir God in sy woord kan en sal ontmoet. Dit beteken nie dat Hy Hom in dieselfde mate aan almal openbaar nie. Ons kan en moet voordeel trek uit wat ander geleer het deur hulle boeke te lees. Baie mense word deur teologiese boeke geïntimideer. Dit maak nie saak wie jy is nie, daar is ‘n boek op jou vlak beskikbaar. As ons nie toelaat dat moeilike boeke ons intimideer nie, glo ons dat ons God uitgewerk het. Lees dan Calvyn en jy besef hoe min jy werklik van God weet. Om te lees beteken dat jy leer, maar ook dat jy nederig bly. As jy nie lees nie, ontneem jy jou die geleentheid om te leer wie God is en hoe Hy optree in hierdie wêreld.

  • Om te groei

Deur te lees inisieer en behou jy persoonlike groei. Ons lees om God te ken en ons lees om te groei in ons vermoë om Hom te eer op al ons lewensterreine. Daar is drie gebiede waarop ons kan lees om te groei:

  1. oIdentifiseer jou swakpunte en lees boeke om jouself daar te versterk. As jy nie weet waar jou swakpunte is nie, lees ‘n boek oor nederigheid.
  2. oIdentifiseer jou sterkpunte en lees om nog meer te groei. Nou beweeg jy van beginsels na meer gevorderde werke.
  3. oIdentifiseer jou verantwoordelikhede en lees om jou daar te versterk. Verbeter so jou vaardighede en jou verstaan van Bybelse beginsels.

Bibliografieë kan baie nuttig wees op al hierdie terreine.

  • Om te lei

Almal van ons word geroep om iewers te lei. Soms is dit by die huis, soms in die kerk of elders. Goeie leiers is goeie lesers. Min groot leiers is deur die televisie gevorm!  “When you find a leader, you have found a reader. The reason for this is simple—there is no substitute for effective reading when it comes to developing and maintaining the intelligence necessary to lead.” (Al Mohler). As leier is jy dit aan die mense wat jy lei verskuldig om te groei – lees.

  • Om lief te hê

Hoe kan ek ander liefhê deur te lees?

  1. oLees om te verstaan. Jou leeswerk is nie net vir jou voordelig nie, maar vir almal om jou. Jy leer om ander mense beter te verstaan.
  2. oLees om aan te beveel. Beveel boeke wat ander sal help aan. Daarom moet jy wyd lees.
  3. oOm dissipels te maak. Hier lees jy saam met mense – saam bespreek julle die boek.

Vir sommige mense is lees ‘n plesier – hulle lees of hulle nou verplig word om te groei, te weet, te lei of lief te hê of nie. Ander mense hou niks van lees nie. Jy kan leer om plesier uit lees te put.