Tuis Coen Slabber se blog


He who tells little lies, will soon think nothing of great ones, for the principle is the same. —C.H. Spurgeon


Prediking

Bill Easum vertel dat hy onlangs Lloyd-Jones se boek Preaching and Preachers gelees het. Lloyd-Jones sê dat prediking ‘n leraar se primêre taak is. Hoekom sê hy so?

Een: Prediking is primêr in die NT- van Jesus tot by Handelinge.

Twee: Elke herlewing in die Christelike geskiedenis gaan gepaard met groot predikers.

Drie: Die mens is in opstand teen God en het verlossing, wat net prediking kan bring, nodig.

Leave a Comment


The path of least resistance makes all rivers, and some men, crooked. -Napoleon Hill, skrywer (1883-1970)

 

Geloof en/of goeie werke?

Wat is die verband tussen geloof en goeie werke? Wat is die belangrikste? Jakobus se antwoord is baie duidelik: albei. In Jakobus 2:18 – 26 praat hy hieroor. Werke voltooi” ons geloof; werke wys dat ons geloof aktief en lewend is. Geloof en werke is nie in kompetisie met mekaar nie: Jy sien dus dat geloof met dade gepaard gaan en dat dit eers deur dade volkome geword het (vers 22).

Leave a Comment

 

The miracles were to the gospel as seals are to a writing. —William Gurnall

 

Nog ‘n verhaal

‘n Professor staan voor sy filosofie-klas. Hy het ‘n aantal items voor hom. Toe die klas begin tel hy ‘n groot, leë fles op. Hy vul dit met gholfballe. Hy vra sy studente of die fles vol was. Hulle stem saam – die fles is vol.

 

Leave a Comment


How soon marriage counselling sessions would end if husbands and wives were competing in thoughtful self-denial. —Walter Chantry


‘n Verhaal

Charles Spurgeon preek oor Romeine 6:1 – 14. Hy vertel die volgende verhaal uit die vierde eeu:

‘n Jong gelowige gaan na die bekende Macarius en vra vir hom: “Vader, wat is die betekenis van dood wees en begrawe wees met Christus?”

Leave a Comment


The law of God is like a mirror; it can reveal flaws, but not remove them. —John Blanchard


Introverte

Adam McHugh sê dat as gevolg van ‘n paar antisosiale tipes en die neiging van ons kultuur om ekstrovert te wees, het introverte ‘n slegte naam gekry. Ons kultuur hou van gesellige, aggressiewe mense wat vaardig is in die gebruik van netwerke – mense wat vreemdelinge sommer gou in vriende verander. Ons identifiseer dikwels leiers as mense wat vinnig en baie kan praat – al is hulle idees nie altyd so goed nie.

Leave a Comment