Tuis Coen Slabber se blog

 

“The people who cast the votes decide nothing. The people who count them decide everything.  Josef Stalin


Mense wat wag

Daar is by baie Christene ‘n obsessie om uit die wêreld te ontsnap na ‘n beter plek daar buite – die hemel – die hemel daar bo waarheen ons gaan as ons sterf. Die visioen van Openbaring 21 – 22 behoort ons tog te oortuig dat die nuwe aarde en nuwe hemel nie daar bo is nie. Nee, daar lees ons die hemel kom af aarde toe.

Leave a Comment

 

The more sand that has escaped from the hourglass of our life, the clearer we should see through it. -Jean-Paul Sartre


Hoe om te dien?

Of, as julle dit nie goedvind om die Here te dien nie, kies dan vandag wie julle wil dien: die gode wat julle voorvaders gedien het anderkant die Eufraat, of die gode van die Amoriete in wie se land julle woon. Wat my en my familie betref, ons sal die Here dien (Josua 24:15).

Bybelstudie, gebed en aanbidding is belangrik vir geestelike groei ... maar ook diens. Die oproep om dienaars van God te wees, kry ons in beide Ou en Nuwe Testament. So stuur die Here vir Moses na die farao met die volgende boodskap: Laat my volk gaan om My te dien (Eksodus 8:1). Paulus verwys dikwels na homself as ‘n dienaar/slaaf van Christus. Maar hoe dien ons God? Deur diens aan sy kinders. Elkeen wat in julle kring groot wil word, moet julle dienaar wees (Matteus 20:26).

Leave a Comment

There's no doctrine which I would more willingly remove from Christianity than the doctrine of hell, if it lay in my power. But it has the full support of Scripture and especially of our Lord's own words; it has always been held by Christendom and it has the support of reason - C. S. Lewis


Die Ou Testament en etiek (1)

Een van my voornemens vir 2012 is om meer tyd in die Ou Testament te spandeer. Maar dan kom ons voor ‘n belangrike vraag: Kan ons nog iets uit die OT leer? Het die NT nie die OT vervang nie? In die proses het ek Christopher J. H. Wright se boek Old Testamet Ethics for the People of God gelees.

Leave a Comment

 

The duty of a Theologian is not to tickle the ear, but confirm the conscience, by teaching what is true, certain, and useful.  – John Calvin.


God maak klaar wat Hy begin

Sommige mense begin projekte met groot entoesiasme ... net om nooit klaar te maak nie. Ons raak opgewonde oor iets wat ons begin het en dan verloor ons belangstelling. Sê nou maar net God was ook so: “Jy weet Ek het jou verkies. Ek wil jou na my beeld verander. Maar Ek is so ‘n bietjie verveeld met jou – Ek het belangstelling verloor.” As God so iets sou sê, sou ons vinnig kla. God maak dit wat Hy begin het klaar. Jesus is die Begin en die Voleinder van die geloof (Hebreërs 12:2).

Leave a Comment

 

I am walking toward a bright light and the nearer I get the brighter it is. —D.L. Moody


Tevredenheid

Wat is tevredenheid? Om op die strand te sit met ‘n bier in die hand – niks om te doen nie, geen bekommernisse nie, geen teikendatums nie. Mark Roberts sê daar is ook ‘n Christelike weergawe hiervan: as ek God ken, is ek tevrede.

Leave a Comment