Posted in Coen se Blog on Mei 18, 2012 by Coen Slabber
"The longer I live, the larger allowances I make for human infirmities. I exact more from myself and less from others." John Wesley
Wat verwag die Here van ons? (2)
Ons het gister hierdie vraag beantwoord deur eers na Jesaja 58 te kyk. Vandag gaan ons verder.
Matteus 25:31 – 46 beskryf die finale oordeel aan die einde van die geskiedenis. Jesus Christus sit op sy koninklike troon en oordeel die mensdom. Hy skei die mense soos ‘n wagter skape en bokke sou skei. Die skape staan regs en die bokke links van Hom. Die skape seën Hy: Die koninkryk is van die skepping van die wêreld af vir julle voorberei. Neem dit as erfenis in besit. Dié aan die linkerkant vervloek Hy: Gaan na die ewige vuur wat vir die duiwel en sy engele voorberei is.
Posted in Coen se Blog on Mei 18, 2012 by Coen Slabber
Life’s most persistent and urgent question is, “What are you doing for others?” Martin Luther King Jr.
Die Ou Testament en etiek (3)
God se weë (1)
[Ek is tans besig om Christopher J. H. Wright se Old Testamet Ethics for the People of God te lees. Ek sou graag in ‘n paar blogs na aspekte uit hierdie blog verwys.]
Ons het gesien dat God die inisiatief neem en Israel uit Egipte lei en van slawerny bevry. Hy maak ook By Sinai ‘n verbond met hulle. Hoe moet Israel nou reageer? Hulle moet die karakter van God weerspieël. Hoe God is, word duidelik as ons kyk na wat Hy gedoen het en steeds doen. Daarom lees ons dikwels in die OT dat die Israeliete God moes ken. Maar ken gaan oor meer as wat God gedoen (die verhale) of wat Hy geleer (die onderrig) het. Dit beteken dat hulle God persoonlik moes ken – hulle moes weet wat sy waardes, prioriteite en bekommernisse is. Hulle moes ook weet wat Hom bly maak en wat Hom kwaad maak.
Posted in Coen se Blog on Mei 17, 2012 by Coen Slabber
"The best of all is, God is with us." John Wesley se laaste woorde – 2 Maart 1791
Wat verwag die Here van ons? (1)
Ek lees tans The Hole in our Gospel geskryf deur Richard Stearns, die President van WorldVision. Dit is ‘n boek wat elkeen wat dit lees, sal ruk. In die volgende twee blogs gaan ek kyk na hoe hy die vraag: Wat verwag die Here van ons? benader.
Posted in Coen se Blog on Mei 17, 2012 by Coen Slabber
I love the recklessness of faith. First you leap, and then you grow wings – William Sloane Coffin
Maak ‘n verskil
Hierdie is ‘n eenvoudige en bekende verhaal.
‘n Man stap een oggend langs die strand. Die vorige aand was daar ‘n hewige storm. Duisende seesterre is deur die wind en branders op die strand uitgespoel. Hy besef onmiddellik dat hulle almal sal doodgaan, want hulle is weg van die lewegewende water. Wanhopig gaan sit hy op die strand met sy kop in sy hande. Daar was niks wat hy kon doen nie.
Posted in Coen se Blog on Mei 17, 2012 by Coen Slabber
The measure of a man isn’t where he stands in moments of comfort, but where he stands at times of challenge and controversy. Martin Luther King Jr.
Die Ou Testament en etiek (2)
Die etiese driehoek
[Ek is tans besig om Christopher J. H. Wright se Old Testamet Ethics for the People of God te lees. Ek sou graag in ‘n paar blogs na aspekte uit hierdie blog verwys.]
In die vorige blog het ons in die algemeen na etiek in die OT gekyk. Vandag kyk ons na die drie hoeke waaruit OT etiek benader kan word.
Ons kan nie teologie en etiek in die Bybel skei nie – ons kan nie verduidelik hoe en hoekom Israeliete en Christene leef soos hulle geleef het of steeds leef as ons nie weet wat hulle geglo het en hoekom hulle dit geglo het nie.