Daar is nie iets soos ’n louwarm Christen nie.

Daar is nie iets soos ’n louwarm Christen nie.

Elke week sit baie Suid-Afrikaners in kerkbanke en luister na boodskappe van hoop, bemoediging en oproepe om uit te gaan en dissipels te maak. Die ideaal is dat ons die res van die week met ander spandeer en die evangelie met hulle deel. Maar binne-in die kerk is daar ‘’n segment mense wat verlossing nodig het. Wat ‘’n tragedie sal dit wees as diegene wat dink dat hulle Christene is by die eindtyd. deur God uit sy mond uitgespoeg word.

 

Francis Chan vra of louwarm Christene gered is. In Openbaring lees ons dat die mense van Laodisea nie koud of warm was nie en dat God hulle uit sy mond gaan spoeg. God gaan geen Christen uit sy mond spoeg nie Hy gaan vêrder: Julle sê; “Ons is ryk, skatryk en het niks meer nodig nie.’ En julle weet nie dat julle ellendig en beklaenswaardig is nie, arm, blind en kaal. (Openbaring 3;17).

 

Hierdie is ‘’n betekenisvolle stelling, want dit beteken dat ons kerke vol mense is wat nie waarlik Christene is nie. Dit was nog altyd so. Jesus verwys na die koring en die onkruid. Eers by die oestyd sal ons weet wie waarlik Christene is. Ons moet na hulle leefwyse kyk en dan sal ons sien wie waarlik Christene is. Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is ‘’n leuenaar en die waarheid is nie in hom nie (1 Johannes 2:4).

 

Daar is ‘’n breë pad wat na vernietiging lei, en baie sal daarop loop. Daar is ook ‘n nou poort wat na die lewe lei en dié wat dit kry is min (Matteus 7;13 – 14). Die wêreld wil sê dat almal hemel toe gaan, want daar is geen hel nie. Die kerk sê dikwels; ‘Ons is almal gelowiges, want ons het almal op een of ander stadium ‘n gebed gebid.’ Chan sê hy sien dit nêrens in die Skrif nie.

 

.