Depressie, angsversteurings en die kerk

What creation needs is neither abandonment nor evolution but rather redemption and renewal, and this is both promised and guaranteed by the resurrection of Jesus from the dead – N. T. Wright

Depressie, angsversteurings en die kerk

Depressie en angsversteurings is moeilike onderwerpe vir Christene om te hanteer. Dit is nie net moeilik omdat die siektes ingewikkeld is en op baie maniere kan voordoennie, maar ook omdat die perspektief oor geestesongesteldhede deur die kerk wissel. Dit geld natuurlik nie net vir die kerk nie, maar geld eintlik dwarsdeur ons kultuur. Baie van die wanopvattings in die kerk oor hierdie toestande is omdat ons hulle geestelik wil verstaan. Christene wat dit baie goed bedoel, kry dit net verkeerd.

As die kerk oor hierdie toestande wil praat, is daar ‘n paar aspekte wat ons in gedagte moet hou:

 

  • Depressie is nie wat die kerk dikwels dink en sê dit is nie

Dit is nie ‘n karakterdefek of geestelike versteuring of emosionele wanfunksie nie. Uiters belangrik: dit is nie ‘n keuse nie. Om vir iemand te sê depressie is weens ‘n gebrek aan geloof is katastrofies. Geloof in God se vermoë om te genees is belangrik, maar om mediese en psigiatriese behandeling te weier is net so erg as om medisyne te weier vir iemand wat fisies siek is. Ons hoor soms dat kerkmense depressie aan demone toeskryf. Depressie is ‘n werklikheid en het baie oorsake.

  • Geestesongesteldhede is nie sonde nie

Dinge soos fisiese mishandeling en dwelms kan sekerlik bydra tot depressie – en baie ander siektetoestande. Al wat gebeur as ons depressie as sonde sien, is vervreemding. Dit verhoed dat mense behandeling soek. Baie Christene mag op baie ongesonde maniere reageer as die basiese oorsaak geïgnoreer of misverstaan word.

  • Die Bybel gee nie vir ons maklike antwoorde nie

Die Bybel is vol wysheid en bemoediging vir depressielyers, maar “moenie vir jou bekommer nie,” gaan nie juis help nie. Dit kan mense laat glo dat hulle nie vir God gehoorsaam nie. Hiermee gooi jy petrol op die vuur. Selfs Dawid sê dat hy vergeet is asof hy reeds dood is. Erge depressie kan nie beskryf word nie. Moet nooit ‘n versie wat jy uit sy konteks geruk het, gebruik om mense mee te troos nie.

  • Angs en depressie lyk nie soos ons dikwels dink hulle moet lyk nie

Mense met depressie leer om hulle simptome weg te steek – selfs vir geneeshere. Hoekom? Omdat daar steeds ‘n stigma aan hierdie ongesteldhede gekoppel word. Kerke vermy dikwels die onderwerp. Gemeentes moet mense met hierdie siektetoestande bemoedig en ondersteun.

  • Sterk gemeentes maak nie depressie reg nie

Christus, die groot geneesheer het gekom om siek mense gesond te maak. Die kerk, as sy liggaam, moet die gemeenskap lei om dieselfde te doen. Die stigma gekoppel aan depressie, selfs in die kerk, verhoed dat mense leiding en ondersteuning by die kerk soek. Die kerk het dikwels nie die toepaslike raamwerk of personeel om hierdie toestande te hanteer nie. Pastorale personeel neig om in alle gevalle vir ‘n geestelike oplossing te soek. Ongelukkig is die kerk soms veroordelend teenoor hierdie mense – wat hulle net wegjaag.

Genesing kry ons in ‘n gemeenskap wat bid en liefde bewys en werklik probeer om hierdie toestande te verstaan en dan ‘n positiewe reaksie ontwikkel

Die bedoeling van alle gemeentes is waarskynlik goed. Maar soos die res van die samelewing waninterpreteer die kerk dikwels hierdie toestande en reageer op so ‘n manier dat die toestand vererger