Deur watter kanale werk genade

 

It is obviously easier to love and serve a visible man than an invisible God, and if wê fail in the easier task, it is absurd to claim success in the harder – John Stott

 

Deur watter kanale werk genade

Die Christen se lewe is van die begin tot die einde ‘n lewe van genade. God openbaar sy kanale van genade aan ons in sy woord. Dit beteken ons kan toegang tot sy genade kry. Dit gaan nie oor ons krag en ons optrede nie. God voorsien die krag; God maak die optrede wat ons kan gebruik aan ons bekend. Hy sê vir ons hoe ons toegang tot hierdie krag kan kry.

 

Hulle het hulle heelhartig toegelê op die leer van die apostels, en die onderlinge verbondenheid, die gemeenskaplike maaltyd en die gebede (Handelinge 2:42). Ons kan die onderlinge verbondenheid en die gemeenskaplike maaltyd saamvoeg. Ons het hier drie dinge wat belangrik is:

  • Die leer van die apostels – dit is God se woord wat ons in die Bybel hoor.
  • Onderlinge verbondenheid – ons behoort aan die liggaam van Christus.
  • Die gebede – ons praat met God.

 

Hierdie is die kanale van genade. Kanale is iets wat na iets lei. Wat is dan die eindpunt van hierdie drie kanale? En dit is die ewige lewe: dat hulle U ken, die enigste ware God, en Jesus Christus, wat deur U gestuur is (Johannes 17:3); Van hierdie evangelie het ek ‘n dienaar geword, ‘n voorreg wat God in sy genade aan my gegee het deur sy krag in my te laat werk. Hoewel ek die geringste van al die gelowiges is, het Hy aan my hierdie vooreg gegee om aan die heidennasies die evangelie van die onpeilbare rykdom van Christus te verkondig (Efesiërs 3:7 – 8); Die Here sal verskyn, so seker as die son opkom, Hy sal na ons toe kom soos stortreën; Hy sal ons verkwik soos lentereëns die grond verkwik (Hosea 6:3).

 

Die einddoel is om God te ken en te geniet. In die proses sal ons geestelik groei.