Die aard van die Skrif

I have been driven many times to my knees by the overwhelming conviction that I had absolutely no other place to go —Abraham Lincoln

 

Die aard van die Skrif

Ons lees nou nie so baie uit Deuteronomium nie. In Hoofstuk 30 maak Moses in sy afskeidspreek aan Israel drie merkwaardige aansprake ook die aard van die Skrif.

 

  • Lees die Skrif asof jou lewe daarvan afhang (30:15 – 18)

Moses lê ‘n duidelike keuse voor die volk: as julle julle aan die woord onderwerp sal julle geseën word; onkunde van die woord beteken dat hulle almal sal omkom: julle sal nie lank bly woon in die land wat julle in besit gaan neem nie. Jesus brei hierdie beeld in sy bergrede uit: Elkeen wat hierdie woorde van My hoor en daarvolgens handel, kan vergelyk word met ‘n verstandige man wat sy huis op rots gebou het (Matteus 7:24) Maar: Elkeen wat hierdie woorde van My hoor en nie daarvolgens handel nie, kan vergelyk word met ‘n dwaas wat sy huis op sand gebou het – dit stort ineen en word heeltemal verwoes (7:26). Van buite lyk die huise dieselfde, maar as die storms kom stort die een inmekaar en die ander een bly staan. Baie mense se lewens is reg solank as wat die weer mooi is. Maar as die onvermydelike storms kom, sal net die huis wat op die rots van God se woord gebou is, bly staan. Jy moet die woord van God leer, gehoorsaam en jou lewe daarmee versadig.

 

  • Lees die Skrif, want God het nie dit wat Hy wil hê jy moet weet weggesteek nie (Deuteronomium 30:11 – 14)

Die gebod wat Ek jou vandag beveel, is nie te moeilik vir jou nie. Dit is ook nie buite jou bereik nie (30:11). Dit is nie hoe baie mense vandag oor die Bybel voel nie – baie mense glo dat hulle nooit die Bybel kan verstaan nie. Daar is so baie vreemde stories in die Bybel wat ons net verwar. Al wat ons dan doen, is om ons voorkeure te bevestig. Maar dit is nie hoe die Bybel oor homself praat nie. Moses sê dat God se woord nie buite ons bereik is nie. Die gebod is baie naby aan jou, jy kan daaroor praat, jy ken dit, jy kan daarvolgens lewe (30:14). Die kernelemente wat jy moet ken is duidelik – gereed vir jou om te verstaan en te gehoorsaam. Natuurlik sal ons nie alles verstaan nie. Natuurlik sal ons steeds vrae vra. Dit is so. Die probleem is egter nie daardie dele van die Bybel wat ons nie verstaan nie, maar daardie dele wat ons wel verstaan, maar nie gehoorsaam nie.

 

  • Moenie net die Bybel lees nie; ontmoet die Persoon in die Bybel (Deuteronomium 30:19 – 20)

Aan die einde verander Moses sy taal; hy praat nou nie meer van die woord as Israel se lewe nie, maar van die Here as hulle lewe. Hy verander van: “Hou vas aan die woord,” na “Hou vas aan die Here.” Moses besef dat hy iets meer as ‘n boek nodig het om aan vas te hou. Die primêre doel van die Skrif is nie om vir ons ‘n lys van take wat ons moet uitvoer te gee nie – dit is om die Here aan ons voor te stel. Dit is nie ‘n handboek om ons lewe te verbeter nie; dit is om te lees hoe ons verlos is deur Hom te ken.

 

Soos die Israeliete het ons ‘n duidelike keuse voor ons: lewe of dood. Lees, bestudeer en dink na oor die Bybel