Die anatomie van ongeloof

 

Vader Zossima in Fyodor Dostoevsky se The Brother Karamazov sê: Above all, don’t lie to yourself. The man who lies to himself and listens to his own lie comes to such a pass that he cannot distinguish the truth within him and around him, and so loses all respect for himself and others.

Die anatomie van ongeloof

Die kern van die anatomie van ongeloof, volgens die Bybel, is die doelbewuste misbruik van die waarheid. Mense is beide soekers van en verdraaiers van die waarheid. Die Bybel gebruik sterk woorde om ongeloof mee te beskryf. Die kern van ongeloof is sonde en ongehoorsaamheid. Miga beskuldig die vals leiers van Israel: Julle wat die regspraak minag en alles verdraai (3:9).

 

In die Skrif kry ons vier temas wat soos ‘n goue draad deur die beskrywing van sonde loop.

 

  1. Ongeloof misbruik die waarheid deur dit doelbewus te onderdruk.

Laat ons staan, ons weier om u wil te ken (Job 21:14).

Jy wat ‘n afkeer het van wat Ek jou leer en jou nie steur aan wat Ek sê nie (Psalm 50:17).

Ons sien hier dat ongeloof die waarheid vasgryp en stil maak.

 

  1. Ongeloof misbruik die waarheid deur doelbewuste uitbuiting

Hier word die waarheid nie net onderdruk nie, maar verdraai vir die mens se eie doelwitte en agenda.

Jou prag het jou hooghartig laat word, jou stralende glans het jou jou wysheid laat verloor (Esegiël 28:17).

Julle wat die regspraak minag en alles verdraai (Miga 3:9).

 

  1. Ongeloof misbruik die waarheid deur doelbewuste omkering

Ongeloof draai die waarheid onderstebo. Nou glo ons ons eie leuen eerder as God se waarheid.

In an ultimate sense the self never knows anything against itself (Reinhold Niebuhr)

Calvyn verwys na die menslike hart as ‘n fabriek wat afgode maak. Hierdie optrede van omkering beteken dat die skepsel in plaas van die Skepper aanbid word.

Julle is agterstevoor met alles, asof die pottebakker die klei is. Die maaksel kan mos nie vir sy maker sê: “Hy het my nie gemaak nie”; die kleipot kan mos nie van die pottebakker sê: “Hy weet nie wat hy doen nie: (Jesaja 29:16)

In jou hooghartigheid het jy gesê: ‘Ek is ‘n god, ek woon op die woonplek van die gode, omring deur die see.” (Esegiël 28:2)

 

  1. Ongeloof misbruik die waarheid deur doelbewuste misleiding wat in selfmisleiding eindig

Ongeloof vervaardig illusies – waanbeelde.

Only humans, it seems, have the capacity to live as something other than what they are (N. T. Wright)

In die dwaas se oë is sy eie pad die regte (Spreuke 12:15)

Die hart is bedriegliker as enigiets anders, hy is ongeneeslik; wie kan hom verstaan? (Jeremia 17:9)

 

Ongeloof is nie ‘n teoretiese of neutrale wêreldsiening wat mense toevallig aanvaar nie. Sonde onderdruk, mislei en keer die waarheid onderstebo. Sonde beteken dat ons onsself mislei.