Die belang van leef in geloof vir toekomstige genade

 

“Our preaching is not the reason the Word works. The Word is the reason our preaching works.” H. B. Charles, jr

 

Die belang van leef in geloof vir toekomstige genade

John Piper skryf hieroor en gebruik veral 2 Tessalonisense 1:3 – 12. Veral verse 11 – 12 is van belang: Daarom bid ons ook altyd vir julle: Mag ons God julle waardig maak vir die lewe waartoe Hy julle geroep het, en mag Hy deur sy krag julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak. So sal die Naam van ons Here Jesus deur julle verheerlik word, en julle deur Hom, in ooreenstemming met die genade van ons God en van die Here Jesus Christus.

 

Piper identifiseer agt kritiese waarhede in hierdie gedeelte:

  • God se roeping. Die enigste rede waarom ons deel van sy koninkryk is en waarom ons sy beloftes kan vertrou, is omdat Hy ons geroep het.
  • Paulus bid dat God ons waardig maak vir die lewe waartoe Hy ons geroep het. Dit beteken nie dat ons God se roeping verdien nie.
  • Die gebed dat God julle liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome maak. As Christene moet ons beplan en besluit – ons moet doelgerig lewe. Maar hoe gebeur dit?
  • Ons vul ons met God se krag. Niemand behalwe God kan die heerlikheid vir homself opeis nie.
  • Ons kry toegang tot God se krag deur geloof. Deur God se krag en deur die geloof word die liefde vir die goeie en die werk van die geloof volkome gemaak.
  • As dit gebeur word die Naam van Jesus Christus verheerlik.
  • Ons word deur Jesus Christus verheerlik.
  • Alles is die gevolg van genade: in ooreenstemming met die genade van ons God en van die Here Jesus Christus. Genade is meer as ‘n beginsel waardeur God ons verlos – dit is ‘n aktiewe, teenwoordige, mag wat transformasie en gehoorsaamheid moontlik maak.

 

Hoe reageer ons op genade wat ons reeds ontvang het? Met dankbaarheid. Hoe reageer ons op God se beloftes van genade in die toekoms? Met geloof. Ons lewe die Christelike lewe met geloof in die toekoms.