Die belang van woorde

 

Show me a church’s songs and I’ll show you their theology. —Gordon Fee

 

Die belang van woorde

Hierdie is nog ‘n artikel van Mel Lawrenz se reeks oor How to Study the Bible.

‘n Enkele woord verbind jou gedagtes onmiddellik met ‘n ander persoon se gedagtes. Dit is die krag van woorde. As ons die Bybel bestudeer, moet ons ook die betekenis van individuele woorde bestudeer. Die betekenis van die skrywer kry ons in sinne – woorde het betekenis in hulle konteks.

 

Kom ons kyk na Johannes 1 ‘n gedeelte vol verbasende waarhede. Daar is woorde wat ons moet verstaan soos Woord, lewe, lig, kinders van God, ens. Ons aanvaar baie van hierdie woorde se betekenis is ooglopend, maar ons moet probeer om meer van hulle te leer. Baie woorde het ‘n reeks betekenisse. Die woord vlees in die Bybel mag verwys na die fisiese liggaam of die mensdom of die beperkte menslike wese of na die sondigheid van die mens. Dieselfde geld vir die woord woord. Dit het baie betekenisse.

 

Hoe bestudeer ons die betekenis van woorde in die Bybel?  Ons kry woordeboeke en woordelyste opgestel deur taalkundiges. In hierdie boeke word die betekenis van woorde opgesom. Ons moet net nie glo dat die betekenis in een gedeelte noodwendig die volle betekenis van die woord in ander gedeeltes is nie. Die konteks sê vir ons wat die persoon bedoel.

 

Daar is ook die probleem van sinonieme. Die woord liefde in die Nuwe Testament word gebruik vir die vertaling van ten minste drie Griekse woorde: agape, philia en eros.

 

Kommentare kan ons ook baie help. Die kommentator het na al die woorde in die gedeelte gekyk en hy fokus op die betekenis wat op daardie gedeelte van toepassing is.

 

Om die betekenis van woorde in die Bybel vas te stel, vereis werk. Die basiese betekenis in meeste tekste is ooglopend. Woorde is gawes wat uiteindelik na God lei.