Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (15)

They defend their errors as if they were defending their inheritance. -Edmund Burke, staatsman en skrywer (1729-1797)

Die Geestelike Dissiplines: Hoe verander God lewens (15)

Dallas Willard, Professor aan die University of Southern Califonia se School of Philosophy en leraar in die Southern Baptist Church, het ‘n belangrike boek geskryf: The Spirit of the Disciplines. [Hy is onlangs oorlede.] Ek gaan baie op hierdie boek staatmaak in hierdie reeks oor geestelike dissiplines.

Ons gaan voort met die volgende geestelike dissipline van onthouding.

Vas

Ons onthou ons van kos en soms self drinkgoed. Nou leer jy vinnig baie van jouself. Ons word nederig as ons besef hoe baie van ons vrede van die plesier van eet afhang.

Kos word gebruik om die ongemak in ons lewens te verlig – ongemak veroorsaak deur trouelose en onwys lewens en gesindhede. Dit demonstreer vir ons hoe kragtig en slim ons liggame is om sy eie weg te kry teen ons sterkste voornemens..

Daar is baie maniere en grade van vas. Daniël en sy vriende eet nie die koning se vleis en drink nie sy wyn nie – net groente en water (Daniël 1:12). Ook in Daniël 10:3 lees ons: Ek het die volle drie weke geen lekker kos geëet nie, my mond nie aan vleis of wyn gesit nie en geen reukolie gebruik nie.  Voor sy versoeking vas Jesus vir 40 dae (Matteus 4). Wat leer ons hieruit: ‘n Mens leef nie net van brood  nie, maar van elke woord wat uit die mond van God kom (Matteus 4:4). Ek het voedsel om te eet waarvan julle nie weet nie … My voedsel is om die wil te doen van Hom wat My gestuur het, en om sy werk te voltooi (Johannes 4:32 en 34)

As Jesus Christus  sê ons moenie met lang gesigte rondloop en ons gesigte mismaak as ons vas nie (Matteus 6:16 – 18) verduidelik Hy hoe ons gaan voel – ons sal regtig nie treurig wees nie. My maag is nie my god nie: Die verderf is hulle einde; die maag is hulle god (Filippense 3:19). Whosoever knows best how to suffer will keep the greatest peace. That man is conqueror of himself, and lord of the world, the friend of Christ and heir of heaven (Thomas a Kempis).

As vas ‘n sistematiese praktyk is, ontwikkel jy ‘n sin van jou hulpbronne in God. Dan kan jy jou tekortkominge makliker hanteer. Refrain from gluttony and thou shalt the more easily restain all inclinations of the flesh (Kempis). Vas leer ons selfbeheer en matigheid – leer matigheid ten opsigte van  al ons fundamentele dryfkragte. Die effek van vas  versprei deur ons hele persoonlikheid. Die godsdiens is ‘n groot wins as iemand tevrede is met wat hy het (1 Timoteus 6:6); Ek het rus en kalmte gevind. Soos ‘n kindjie wat by sy moeder tevredenheid gevind het, so het ek tevredenheid gevind (Psalm131:2). Vas moet goed genoeg en dikwels genoeg beoefen word. Net iemand gewoond aan sistematiese vas as dissipline kan dit doeltreffend gebruik as  deel van sy diens aan God.

Volgende keer begin ons kyk na die dissiplines van betrokkenheid.