Die geheim van selfdissipline

 

What else does anxiety about the future bring you but sorrow upon sorrow?” ~ Thomas A. Kempis

 

Die geheim van selfdissipline

“To live by grace means to acknowledge my whole life story, the light side and the dark. In admitting my shadow side, I learn who I am and what God’s grace means.” —Brennan Manning

‘n Bekende akteur is gevra oor sy voorbereiding vir ‘n moeilike rol. Hy vertel van al die harde werk. Hy gaan verder en sê dat die werk vir hom goed is, want vryheid lê aan die anderkant van dissipline – eenvoudig en duidelik. Is dit waar? Dit hang af van na watter dissipline verwys word.

 

Mense sien dissipline dikwels as ‘n oorlog wat jy teen jouself voer. Daar is ‘n deel van jouself wat sleg en ongewens is en jy verklaar oorlog daarteen. Enige dissipline aangeblaas deur selfverwerping lei nie tot vryheid nie, want dit is op skaamte en vrees gebou. Dit het niks met vryheid te doen nie, maar met beheer.

 

Baie mense sê dat hulle so optree weens hulle begeerte om God tevrede te stel. Maar God hanteer ons nooit so nie. God se benadering is altyd een van deernis – deernis wat lei tot berou en bekering. God besef dat liefde, nie oordeel nie, die sleutel tot persoonlike transformasie is. Ons noem dit genade.

 

Die Heilige Gees kom om ons lief te hê juis daar waar ons onsself verwerp. Dit wat ons dink ons nie kan liefhê nie, is juis die ding wat Hy liefhet. Deur dit lief te hê, herstel Hy dit. Die dissipline van God is ‘n dissipline aangevuur deur liefde. Hy het ons te lief om dele van ons wese in die donker te los. God herstel enigiets na sy oorspronklike heerlikheid deur dit lief te hê. Jy kan nie enige deel van jouself verander as jy dit nie eers liefhet nie.

 

Enige dissipline aangedryf deur skaamte kan nooit tot vryheid lei nie. Dit los jouself verdeel – jy verklaar oorlog teen jouself. Jy is voortdurend in ‘n stryd, wat jy nooit kan wen, gewikkeld.

 

Wat dryf jou pogings tot selfdissipline?