Die getuienis van die EEN wat van die hemel af kom (3:31-36)

Die getuienis van die EEN wat van die hemel af kom (3:31-36) – Francois Malan

Dit is onseker wie hier aan die woord is. Die Doper is nie meer in die eerste persoon enkelvoud aan die woord soos in die vorige paragraaf  nie – dit gaan nou oor persone. Dit word nie aangebied as ‘n woord van Jesus nie – Jesus word aangedui as ‘die Een wat van Bo kom’ (anothen), dieselfde woord wat in 3:3 gebruik word vir ‘van Bo gebore’, en Johannes die Doper as ‘die een wat uit die aarde is’. Die gedeelte is moontlik die besinning van die skrywer, wat op die getuienis van die Doper uitbrei. Die gedeelte sluit ook nou aan by 3:11-21. Soos in hoofstuk  1,  het die skrywer die getuienis van Johannes die Doper tussenin ingevoeg (vgl. bv. 1:6-8; 1:1, 1:19-28).

is blykbaar ‘n algemene stelling wat nie vir Jesus vergelyk met Johannes die Doper alleen nie, maar ook met al die profete van die Ou Testament wat voor hom gekom het. Jesus is bo almal. Die feit dat Hy uit die hemel kom, die Woord van God waarvan hoofstuk 1 praat, maak sy openbaring van God gans anders as die van mense soos Johannes en alle ander mense wat van die aarde is, wat aardgebonde en begrens is. Johannes en die profete praat wel oor wat hulle van God ontvang het, Jesus is God self wat praat.

 

 

Wie Jesus se getuienis aangegryp het – dit glo en daarvolgens handel, ‘het verseël dat God die waarheid is/ waarlik God is.’ ‘n Seël is onder andere gebruik om te getuig dat die inhoud van ‘n geskrewe stuk eg is, die waarheid is.

 

 

 

het die ewige lewe – is reeds deel van die nuwe wyse van lewe wat Jesus gebring het. Ook geloof is nie ‘n gevoel of ‘n stemming nie, maar  ‘n wilsbesluit om myself in vertroue oor te gee aan Jesus en Hom te volg.

.

Wie egter aan die Seun ongehoorsaam is, wat weier om in die Seun te glo, sal die lewe nie sien nie – verstaan ook nie eers wat die soort lewe saam met God beteken nie. Ongeloof word gesien as weiering om die Seun te gehoorsaam .  Die toorn van God  bly op die ongehoorsame  omdat hy in sy sondige staat volhard deur vir homself te leef en weier om hom in vertroue aan God oor te gee. Die verhouding van ‘n mens tot Jesus bepaal sy verhouding tot God (vgl. Hebr 3:12). Hierdie is die enigste plek in hierdie Evangelie wat van die toorn van God gepraat word. In 3:16 is gesê so iemand gaan verlore.

 

Skrywer: Prof Francois Malan