Die God van die onmoontlike

Die God van die onmoontlike

God het dikwels in die wêreld deur ‘’n kind wie se geboorte menslik gesproke onmoontlik was, gewerk. Isak was Sara , die vrou wat onvrugbaar was, sê  kind. Hy was die seun wat God aan Abraham belowe het om die wêreld tot seën te wees. Samuel wat God gebruik het om Israel se eerste twee konings te salf, was die kind van ‘’n vrou wat nie swanger geword het nie – Hanna (1 Samuel 1:5 – 7; 19 – 20). Johannes die Doper wat die koms van die Here aangekondig het, was die seun van Elisabet: Hulle het geen kind gehad nie, omdat Elisabet onvrugbaar was (Lukas 1:7). Maria se swangerskap was onmoontlik vir ‘’n ander rede – sy was ‘’n maagd

In al die ander gevalle het God se krag die vroue se baarmoeders geopen sodat hulle natuurlik swanger sou word. Met Maria het God haar in staat gestel om swanger te word sonder ‘’n menslike vader.

In alle gevalle behalwe dié van Hanna het God ‘’n engel gebruik om die swangerskap te belowe. Elke geboorte is iets wat vir die vrou  menslik onmoontlik was. God wys vir ons dat die vervulling van sy verlossingsbeloftes was iets wat geen mens kon vermag nie; God wat dooies lewend maak en dinge wat nie bestaan nie tot stand bring deur sy woord (Romeine 4:17).

 

Die geboortes van Simson, Isak en Samuel verskil van Jesus se geboorte op twee maniere:

  1. Die andr geboorte geskied in die skaduwee van skande. In antieke tye was ‘’n vrou se vrugbaarheid ‘’n belangrike deel van haar eer en waardigheid. ‘’n Israelse vrou onthou God se belofte aan Eva dat ‘’n verlosser gebore sou word wat die satan sou verslaan en die gevolge van sonde ongedaan sou maak, het uitgesien om potensieel aan die vervulling van hierdie belofte deel te neem.

‘’n onvrugbare vrou het onder ‘’n wolk van skaamte geleef en ‘’n gevoel van teleurstelling. God het hierdie vroue in barmhartigheid besoek en die skande weggeneem en eer en vreugde gebring.

Jesus se geboorte het skande vir moeder en seun gebring. Sy was immers nie getroud nie.

  1. Die verlossing wat Simson sou bring was onvolledig: Hy sal die Israeliete begin red uit die mag van die Filistyne (13:5). Simson was die laaste rigter, maar hy wys na die een wat die oorwinning oor die Filistyne sou voltooi: Dawid God se koning wat deur Samuel gesalf was. Dawid se oorwinning was ook onvolledig. Hy voorsien rus van die vyane, maar kon nie oorwinning oor sonde bring nie – nie die sonde van sy eie hart of dié van sy mense nie. Net Jesus se verlossing is volledig – hy het sy taak voltooi. Die engel sê vir Maria: dit is Hy wat sy volk van hulle sondes sal verlos (Matteus 1:21)