Die Groot Opdrag

 

What you do with your whole heart is not burdensome to do – John Piper

 

Die Groot Opdrag

God het aan elke gelowige ‘n roeping gegee: gaan uit in die wêreld en verkondig die goeie nuus van Jesus Christus. Hoekom? Die liefde van Christus dring ons (2 Korintiërs 5:14). Ons liefde vir Jesus motiveer ons om ons roeping te vervul.

 

Almal is vir God belangrik. God het sekere mense gemaak waarvan ek nie hou nie, maar Hy het nog nooit ‘n persoon gemaak wat Hy nie liefgehad het nie. Omdat God omgee, moet ek ook omgee. Jy verander nie mense met proteste nie, maar met liefde.. Die gemeenskap word een lewe op ‘n slag verander. God het spesifieke mense op ons pad geplaas – mense met wie ons die evangelie moet deel. Vir sommige mense is jy die enigste Christen wat hulle ken

 

As lidmate van die gemeentes nie die goeie nuus deel nie, wie gaan dit doen. God gaan ons verantwoordelik hou vir die mense wat Hy op ons pad geplaas het om die goeie nuus te hoor.

 

Maar hoe doen ons dit? Ons moet dit sê en wys. Hy wil hê dat ander dit deur ons lewens sien en ons moet dit met ons mond verkondig. Ons word deur die mense dopgehou. Elke ding wat jy doen of sê of gesprek wat jy het, het ewigheidsimplikasies. Dit is ‘n ontsaglike verantwoordelikheid.

Tree met wysheid op teenoor die mense wat nog buite die gemeente is. Maak die beste gebruik van elke geleentheid (Kolossense 4:5).