Die Here verskyn … en Job lewe

It’s (the gospel) a message delivered from God to people in a precarious and hazardous spot – that is, people like you and me – Michael Horton

 

Die Here verskyn … en Job lewe

Tim Keller het pas ‘n belangrike boek – Walking with God through Pain and Suffering (2013) – geskryf waarin hy die vraag waarom daar pyn en lyding is die wêreld is, hanteer. Hierdie is sekerlik ‘n vraag wat almal van ons interesseer en waarop min van ons ‘n goeie antwoord kan gee. Ek glo dat in hierdie boek baie van ons vrae beantwoord sal word. Ek gaan dus ‘n hele aantal blogs hieroor skryf.

Uiteindelik, na 37 hoofstukke, verskyn God aan Job. En sy woorde is hard;

‘”Wie is dit wat besig is om my bedoelinge te dwarsboom

met woorde wat getuig dat hy geen insig het nie?

3Maak jou reg vir die stryd:

Ek sal vra, antwoord jy My.

 

4Waar was jy toe Ek die aarde se fondamente gelê het?

Praat as jy die antwoord het.

5Wie het die aarde afgemeet? Weet jy dit?

Wie het ’n maatlyn oor hom gespan?

6Waarop is sy voetstukke neergesit?

 Wie het hom aanmekaargesit

7daardie oggend toe die sterre saamgesing het

en al die hemelinge gejubel het?

Ons glo onmiddellik dat God vir Job gaan oordeel. Maar God het nie gekom om Job te oordeel of te vernietig nie – Hy reik in genade na hom toe uit. Die eerste teken hiervan is die gebruik van God se persoonlike Naam – Jahwe. Dit is die Naam wat God aan Moses uit die brandende bos bekend gemaak het. Hierdie Naam is tot dusver selde in die boek gebruik. Die Naam word gebruik vir diegene wat in verbondsliefde aan die Here verbind is.

Toe het die Here vir Job aangespreek uit die stormwind uit (38:1). Die OAV sê dat God vir Job uit ‘n storm geantwoord het. Ons het hier dus ‘n dialoog tussen twee partye. Die Here kom nie om vir Job te veroordeel nie, maar om hom uit te nooi om ‘n verhouding met Hom aan te knoop. Hy gee aan Job ‘n finale woord:

Daarna het Job vir die Here gesê:

2“Nou weet ek dat U tot alles in staat is  en dat U kan uitvoer wat U besluit.

3Wie is dit wat u bedoelinge wou dwarsboom sonder dat hy die insig gehad het?

Ek het oor dinge gepraat wat ek nie begryp het nie:

u wonderdade was te groot vir my, ek het dit nie verstaan nie.

4U het mos gesê: Luister terwyl Ek praat,

Ek sal vra, antwoord jy My.

5Tot nou toe het ek net gehoor wat mense van U sê, maar nou het ek U self gesien,

6en nou verag ek myself, nou sit ek vol berou, in sak en as.”

Die Here antwoord Job uit die storm(wind). Dit is juis ‘n stormwind wat Job se kinders se dood veroorsaak het (1:19). In 9:17 sê Job: Want dit is Hy wat my met ‘n stormwind pynig, wat my baie wonde slaan sonder dat ek dit verdien. Toe God uit die stormwind met Job praat, kon Job met reg gedink het dat hy vernietig gaan word. Maar Job hoor vir God … en bly leef.

Wat is die Here se antwoord aan Job? Daarna kyk ons volgende keer.