Die kerklos mense

 

God prospers me not to raise my standard of living, but to raise my standard of giving. —Randy Alcorn

 

Die kerklos mense

David Kinnaman van die Barna Group het onlangs die resultate gepubliseer van ‘n studie wat hulle oor kerkbywoning gedoen het. Daarvoor het hulle drie dekades van navorsing gebruik. Hulle bevindings sluit in:

  • Die kerklos mense het met 30% tussen 1990 en vandag toegeneem. (Kerklos = mense wat nie die kerk oor die afgelope ses maande bygewoon het nie.) Dit staan vandag op 43%.
  • Die aantal mense wat nog nooit aktiewe kerkbywoners was nie, het toegeneem. Ongeveer ‘n kwart van alle mense het geen persoonlike geskiedenis van kerkdeelname nie. Vol dagboeke, sport vir kinders, eindelose opsies vir vermaak vul mense se naweke.
  • Wat as gereelde kerkbywoning beskou word, word herdefinieer. Vandag is gereelde kerkbywoners diegene wat sleg een of twee naweke per maand die kerk bywoon. Predikers sukkel dus om reekse wat oor ‘n paar Sondae strek, aan te bied.

 

Daar is egter ook ‘n paar positiewe neigings. Die persepsie dat die plaaslike gemeente  ‘n waardevolle deel van die plaaslike gemeenskap is, bly vas staan. Selfs meeste kerklos mense sien die plaaslike gemeente as iets positief in hulle gemeenskap. Hulle glo dat die gemeentes ‘n bydrae maak ten opsigte van die versorging van armes, gesinne, bejaardes, ens.

 

‘n Ander positiewe neiging is dat gelowige jongmense ‘n hernude passie vir evangelisasie het. Daar is minder gelowige jongmense, maar diegene wat toegewyd is, deel hulle geloof met ander.

 

Die oorhoofste neiging is negatief. Die kerklos mense reageer minder op uitreikaksies en hulle is meer weerstandig teen uitnodigings deur vriende om eredienste by te woon. Die sendingveld is hier om ons.