Die koninkryk van God

Mike Slaughter

Die koninkryk van God

In Matteus 25 kry ons ‘n aantal koninkryksprofesieë wat ons sal help om te verstaan hoe ons lewe behoort te wees in hierdie tussenin periode – die periode tussen Jesus se eerste en tweede koms. Die eerste gelykenis van die tien meisies beskryf ons houding in hierdie periode – wees getrou en wakker terwyl ons vir die bruidegom wag.

Gelowiges moet wakker wees, want ons weet nie op watter dag en uur dit sal gebeur nie. Die volgende gelykenis – die gelykenis van die muntstukke – voeg ‘n tweede element by: aktiewe wag. Dit gaan nie net oor wag nie. Volgens Lukas 19:13 gee die eienaar aan hulle ‘n bevel: Dryf handel daarmee totdat ek terugkom. Die eienaar kom eers na ‘n lang tyd terug.

Vandag is daar nog steeds gelowiges wat hulle muntstukke ronddra en so af en toe kyk of hulle nie dalk ‘n silhoeët van Jesus Christus sien nie. Maar Jesus sê: Dryf handel daarmee. Ons wag nie net vir die koninkryk nie – ons word geroep om aktiewe, verantwoordelike rolle in hierdie koninkryk te vervul.

As ons dan bruikbare agente in sy koninkryk wil wees wat moet ons doen?

  • . As jy dink die Christelike lewe se vereistes is maar min en maklik, moet jy weer dink. Die eienaar in hierdie gelykenis het teruggekom en van hulle rekenskap gevra. Hy wil weet wat hulle met die muntstukke gedoen het. Elke gelowige moet God verheerlik deur sy koninkryksagenda uit te voer. Ons sê so graag nog net dit of dat, dan sal ons wegspring. Dit is nie revolusionêr nie – dit is gemaklik. Luister hoe reageer die eienaar as die slaaf sê dat hy die muntstuk begrawe het: Jy is ‘n slegte en lui slaaf!