Die leuens wat die kerk vertel (3)

Only mediocrity can be trusted to be always at its best. Genius must always have lapses proportionate to its triumphs. –Max Beerbohm

Die leuens wat die kerk vertel  (3)

Steve Hill (Spiritual Avalanche) beskryf hoe hy in ‘n whiteout beland het. Dit is waar die sigbaarheid skielik verminder as gevolg van sneeu. Hy voel dit is wat vandag in die kerk gebeur. Die verwysingspunte – die antieke landmerke – is bedek en ons sien hulle nie meer nie. Dwaalleer en waarhede word vermeng en lidmate word gedisoriënteerd – selfs blind.

Vandag kyk ons na die tweede van Hill se sewe leuens.

  • ‘n Oordrewe siening van genade

Hierdie onderrig het soos ‘n onkruid in die lewe van Christene ingesluip. Selfs gelowiges stel onverdiende genade gelyk aan onverdiende vryheid. Die gevolg is al hoe meer louwarm Christene. Ons leef in sonde, maar troos ons gewetes – God is ‘n God van liefde wat nooit veroordeel nie; ‘n God wat nie ons optrede oordeel nie. Niks nuuts nie: Die rede hiervoor is dat sekere mense ongemerk julle geledere binnegedring het, goddelose mense wie se veroordeling lank reeds vas staan. Hulle misbruik die genade van ons God.  Hulle gebruik dit as dekmantel om losbandig te lewe, en hulle verwerp ons enigste Meester en Here, Jesus Christus (Judas vers 4).

Hierdie mense soek maniere om sonde te regverdig. Hulle neem ‘n wonderlike waarheid van God wat niemand kan ontken nie en bied dit in ‘n oordrewe vorm aan – hulle meng waarheid en dwaalleer. Ons moet alles wat ons verkondig teen God se woord toets. Hoekom is ons so bang om mense wat duidelik verkeerde dinge verkondig, te konfronteer?

Hulle verkondig dat ons deur genade en nie deur werke verlos word; dat terwyl ons nog sondaars was Christus vir ons gesterf het; dat ons nie meer sondaars, maar gelowiges in God se oë  is; dat God se liefde vir ons nie op ons prestasies berus nie; dat ons nou kinders van God is en saam met Jesus mede-erfgename is. Alles waar.

Maar daar is baie ander Skrifgedeeltes wat hulle ignoreer. Hulle leer dat Jesus vir ons sondes gesterf het (korrek), maar kom tot die gevolgtrekking dat ons as gelowiges nie langer sonde hoef te hanteer nie – ons hoef nie ons sondes te bely of berou te hê oor ons sondes nie. Dit is ‘n verkeerde gevolgtrekking en veroorsaak dat baie gelowiges terugval. As jy ooit tyd het, lees net wat skryf Dietrich Bonhoeffer oor goedkoop genade.

In die volgende blog gaan ons na die volgende twee leuens kyk: antinomianisme en die vergoddeliking van die mens.

  • Jesus het nie geleef en gesterf om ons voorspoedig te maak nie, maar om ons te verlos (Matteus 1:21).
  • God kies die armes om ryk in geloof te wees – erfgename van sy koninkryk: Kies God nie juis dié uit wat in die oë van die wêreld arm is , om ryk te wees in die geloof en om die koninkryk in besit te neem wat Hy belowe het aan dié wat Hom liefhet nie? (Jakobus 2:5).
  • Voorspoedspredikers ignoreer Paulus se kragtige waarskuwing aan Timoteus: Maar dié wat ryk wil word, val in versoeking. Hulle loop hulle vas in die strik van baie sinlose en skadelike begeertes waardeur mense in verderf en ondergang gestort word. Geldgierigheid is die wortel van allerlei kwaad. Party het geld nagejaag en toe van die geloof afgedwaal; daardeur het hulle hulleself baie ellende op die hals gehaal. Maar jy, man van God, moet van hierdie dinge af wegvlug. Streef na opregtheid, toewyding aan God, geloof, liefde, volharding, minsaamheid (1 Timoteus 6:9 – 11).

    Voorspoedspredikers moedig God se mense aan om rykdom na te jaag – hulle bepaal selfs jou geestelikheid volgens die motorkar wat jy ry. Wat het dit nou met die evangelie van Jesus Christus te doen?

    Volgende keer kyk ons na die tweede leuen: ‘n oordrewe siening van genade.