Die mobiliteit van kerke

 

Each one of them is Jesus in disguise ~ Moeder Teresa

Die mobiliteit van kerke

C. Christopher Smith en John Pattison het onlangs ‘n boek, Slow Church, geskryf wat besig is om baie aandag te geniet. Ek gaan ‘n aantal blogs aan hierdie boek spandeer.

Baie kerke het maar vlak wortels in hulle gemeenskap. Daarom die vraag: As die kerk skielik sou verdwyn, sal die gemeenskap dit agterkom? Nog erger: Gaan ons as lidmate die verskil agterkom? Westerse kerke staan so los van hulle eie plekke dat hierdie vraag ernstig ondersoek moet word. Gemeentes vandag beweeg weg van die middestede na groener voorstedelike weivelde.

Hoekom? Ambisieuse bouprojekte, baie parkering, ens. Volgende vraag: Watter getuienis gee ons aan ons bure wat ons agterlaat? Het ons nog ‘n sin van verantwoordelikheid vir ‘n plek? Bejoort ons nog aan ‘n plek en mense?

En as die gemeente te groot vir sy huidige fasiliteite word? Is nuwer en groter (en baie duurder – fasiliteite die antwoord? Hoekom nie ‘n nuwe kerk in verskillende plekke met ‘n kern van mense wat reeds in daardie gebied woon nie? Dit was immers die patroon van die vroeë kerk en toe het die kerk vinnig versprei. Die moedergemeente gee raad en sommige hulpbronne, maar die nuwe gemeente groei en word volwasse.

Volgende keer kyk ons hoe ons kennis van ‘n plek ontwikkel.