Die opstanding: Histories, noodsaaklik en voldoende

Die opstanding: Histories, noodsaaklik en voldoende

Nie alle Christene is ooruig dat die opstanding noodsaaklik was nie. Die Bybel is nie vaag hieroor nie – lees net 1Korintiërs 15:12 – 20. Paulus spandee ‘n hele hoofstuk waarin hy die sentraliteit van die opstanding beredeneer. In die historiese noodsaaklikheid van die opstanding is ‘n voldoende fondament vir ons hoop en ‘n woord van lewe vir iemand wat terminaal siek is.

 

Paulus spandeer 8 verse aan die historisiteit van die opstanding. Hy maak ook ‘n hele aantal as … dan stellings

  • As ons dan verkondig dat Christus nie uit die dood opgewek is, hoe kan party van julle nog beweer dat daar geen opstanding van die dooies is nie;
  • As daar geen opstanding van die dooies is nie beteken dit dat Christus ook nie opgewek is nie.
  • En as Christus nie opgewek is nie, is ons prediking sonder inhoud en julle geloof ook sonder inhoud.
  • As die dooies nie opgewek word nie, is Christus ook nie opgewek nie.
  • En as Christus nie opgewek is nie is julle geloof waardeloos en is julle nog gevange in julle sondes.
  • As ons net vir hierdie lewe ons hoop op Christus vestig, is ons die bejammerendwaardigste van alle mense.

 

Met hierdie stellings benader Paulus sy onderwerp op ‘n baie logiese manier.