DIE OU ERA IS VERBY EN DIE NUWE ERA BEGIN (3)

DIE OU ERA IS VERBY EN DIE NUWE ERA BEGIN (3) – Jan van der Watt

deel 2 – Hoe belangrik is die opstanding vir ons?

Die opstanding van Jesus vorm die sentrum van wat ons glo, omdat dit vir ons die nuwe era, die toekoms kom oopsluit het. Maar wat beteken die opstanding nog vir ons?

1. Die opstanding wys dat Jesus regtig die Seun van God is. Ja, God is regtig aan sy kant.

Die Jode het ‘n messias (die gesalfde koning wat Israel moes kom red) verwag, maar wie sou hy wees? Ons weet dat daar ‘n paar ouens in Jesus se tyd was wat almal gesê het dat hulle die messias is, maar almal het misluk. Hoe sou die mense weet wie die regte messias is?

Hulle het veral twee belangrike maatstawwe gehad om te besluit of dit die messias was of nie:

  1. Die messias sou die profesieë van die Ou Testament waar maak. Daarom kry ons soveel aanhalings in die Nuwe Testament uit die Ou Testament – dit wys dat Jesus in die voetspore van die Ou Testament loop.
  2. Kyk na die volgende in die lig van bogenoemde punte en sê elke keer hoe jy dink die stukkie wat jy gelees het in pas by een van die twee maatstawwe:

    2. Die opstanding gee vir ons as gelowiges nuwe hoop op die toekoms.

    Die opstanding, soos ons reeds gesien het, waarborg vir elke gelowige ‘n plek in die hemel by God. Dit is die waarborg dat daar vir ons ‘n toekoms na die dood wag.

  3. Daar is lewe na die dood.
  4. God self is die waarborg van hierdie lewe na die dood
  5. Die hoop en ons toekoms word in die hemel bewaar. Dit is ‘n ander manier om te sê dat wat God alles vir ons beloof het oor die toekoms veilig in die kluis van die hemel weggesluit lê. Niemand kan dit wegneem nie en so seker as wat God daar is, sal ons die dinge wat Hy beloof het, kry.

  6. Ons waardesisteme (hoe ons dinge in hierdie wêreld sien) verander ten goede
  7. As jy uitsien na die lewe hierna, sal die dinge van hierdie lewe jou nie soveel pla nie, want dit is tydelik. Die ewige lê voor. Jy is nie gemaak om vir ewig in hierdie wêreld te hou nie, maar in jou toekoms lê die ewigheid. Daarom moet jy liewer daarop fokus.

  8. Ons kan uitsien na die wederkoms wanneer Jesus ons kom haal.
  9. Lees Open 1:7 en 1 Tess 4:13-18. Jesus het opgestaan, wat beteken dat Hy leef! Daarom doen hy dinge vir ons in die hemel (lees 1 Joh 2:1-2). Daarom weet ons ook dat Hy ons weer sal kom haal. Omdat Jesus opgestaan het, kan daar ‘n wederkoms wees waarna ons kan uitsien.

    Volgende keer gaan ons kyk hoe ons seker kan wees dat die opstanding wel plaasgevind het.

     

    Skrywer: Prof Jan van der Watt