Die outeur van ons verlossing

 

 

The Christian faith ought to persuade us that political controversies are always conflicts between sinners and not between righteous men and sinners –
–Reinhold Niebuhr

 

Die outeur van ons verlossing

Wie is die outeur van die mens se verlossing?

  1. Die Drie-enige God
  • God die Vader is die beplanner en inisieerder van die mens se verlossing. So het Hy, nog voordat die wêreld geskep is, ons in Christus uitverkies om heilig en onberispelik voor Hom te wees. In sy liefde het Hy ons, volgens sy genadige beskikking, toe al daarvoor bestem om deur Jesus Christus sy kinders te wees (Efesiërs 1:3 – 6)
  • Jesus Christus, die Seun, het deur sy gehoorsame lewe en versoenende dood die mens se volledige verlossing bewerk. Deur die bloed van sy Seun is ons verlos en is ons oortredinge vergewe kragtens die ryke genade van God (Efesiërs 1:8).
  • Die Heilige Gees. In Christus het die heilige Gees wat deur God belowe is, julle as die eiendom van God beseël. Die Heilige Gees is die waarborg dat ons ook verder sal ontvang wat God belowe het, wanneer Hy almal wat aan Hom behoort, volkome sal verlos (Efesiërs 1:13 – 14).

 

  1. Die mens

Geen mens kan op eie inisiatief na God kom nie; geen mens word op grond van sy eie meriete verlos nie. Maar die mens speel wel ‘n rol in sy eie verlossing. Bemagtig deur die werking van die Heilige Gees moet die mens:

  • Die evangelie glo;
  • Sy sondes bely;
  • God vertrou en hom aan Jesus Christus toewy;
  • Heiligheid nastreef; en
  • Volhard op die weg van God.

 

Julle moet julle met eerbied en ontsag daarop toelê om as verloste mense te lewe,  want dit is God wat julle gewillig en bekwaam maak om sy wil uit te voer (Filippense 2:12 – 13).