Die Pastor

Die Pastor

[Pastor is Latyn vir herder – WAT]

Eugene H. Peterson (The Contemplative Pastor: Returning to the Art of Spiritual Direction) skryf onder andere oor die taak van die pastor. Die subtitel gee natuurlik ‘n leidraad: nie Bybeluitleg, nie apostoliese entrepreneurskap, nie mentorskap, nie berading nie, nie CEO nie, nie die gemeente aan die gang hou nie, maar geestelike rigtinggewing.

 

Peterson sê dat ‘n gesonde selfstandige naamwoord nie allerhande byvoeglike naamwoorde nodig het om hom staande te hou nie. Hy glo pastor is so ‘n gesonde woord. Die woord pastor het nog altyd vir hom iemand beteken wat passievol vir God is en deernis met mense het. Maar nou is pastor nie meer ‘n sterk woord nie. Die huidige definisies maak van die pastor ‘n skadelose persoon.

Hy sê as jy met Solzhenitsyn of Tutu praat oor die toestand van die kerk in die VSA sê hy:

They see a lot of greed and arrogance. And they see a Christian community that has almost none of the virtues of the biblical Christian community, which have to do with a sacrificial life and conspicuous love. Rather, they see indulgence in feelings and emotions, and an avaricious quest for gratification.”

Luister net hierna:

discipleshipcommunity(the template-driven small groups). Distinctive Christian living here we come! Yet, alas, large group celebration and small group community were not the magic bullet.

Peterson sê dat ons al hierdie dinge moet afgooi en weer die robuuste term pastor herstel met ‘n duidelik opdrag: Geestelike rigtinggewing.