Die seënuitsprake van Jesus (15)

Die seënuitsprake van Jesus (15)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Meeste mense wil vergewe, maar sommiges weet nie hoe nie. In sommige gevalle mag jy selfs voel dat vergifnis onmoontlik is.  In hierdie blog kyk ons na barmhartigheid en vergifnis, want hulle hoort bymekaar. Barmhartigheid is breër as vergifnis. Die gelykenis van die barmhartige Samaritaan wys dit vir ons. Die Samatitaan bewys barmhartigheid aan die man wat langs die pad lê (Lukas 19:25 – 36). Die man langs die pad het barmhartigheid nodig gehad – iets wat die Samaeitaan vir hom gegee het. Vergifnis gaan verder as dankbaarheid, wat die herstel van ‘n verhouding is betrokke.

 

Toe God aan Moses by Sinai verskyn het openbaar Hy Homself met ‘n viervoudige beskrywing wat nog sewe keer in die Ou Testament herhaal word: Ek, die Here, is die barmhartige en genadige God, lankmoedig, vol liefde en trou. Ek betoon my liefde aan geslagte en geslagte (Eksodus 34;6). In die Nuwe Testament lees ons: maae God is ryk in barmhartigheid (Efesiërs 2:4). Dit is as gevolg van God se barmhartigheid wat ons gered word. Paulus beskryf God se verlossende ingrype in sy lewe so: Maar God was genadig teenoor my omdat ek in my ongeloof nie geweet het wat ek doen nie( 1 Timoteus 1:13). Die Hebreër-boek fokus op die barmhartigheid van Christus. Oor hulle ongeregtighede sal Ek genadig wees en aan hulle sondes nooit meer dink nie (8:12).

 

Volgende gaan ons na twee praktiese voorbeelde kyk: Christus se barmhartigheid teenoor Petrus en Tomas.