Die seënuitsprake van Jesus (24)

Die seënuitsprake van Jesus (24)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

Geseënd is die sagmoediges, want hulle sal die nuwe aarde ontvang.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang..

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Geseënd is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

In hierdie blog kyk ons na ‘n aantal taktieke wat vredemakers gebruik. Ons kyk na hoe dit in die praktyk lyk. Dit is taktieke wat jy kan gebruik in die najaag van vrede.

  1. Stel vas waar daar ‘n problem is

Hulle het ‘n goedkoop raad vir die wonde van my volk. Hulle sê net: “Alles is reg! Alles is reg!” Maar nik is reg nie (Jeremia 6:14).  In Jeremia se tyd, soos vandag nog, is daar mense wat vir ander vertel dat alles reg is. Hulle sê wat mense graag wil hoor. Hulle vererger eintlik die problem. Om vrede te maak beteken nie dat jy konflik vermy nie. Konflik wat vermy word, is dikwels konflik wat net uitgestel word. Ons vermy dikwels die werklikheid, want ons wil vrede hê.

Om vede te maak begin met eerlikheid en moed om ‘n problem te herken en te erken. Daarsonder is enige vooruitgang onmoontlik.

  1. Hanteer konflik vroeg

Om rusie te begin, is om ‘n damwal te breek; staak liewer die twis voor die vloed jou tref (Spreuke 17:14). Die begin van konflik is soos ‘n klein stroompie water. In elke verhouding wat in bitterheid eindig, is daar ‘n oomblik waar die konflik begin. Die mense wat daarby betrokke is, mag dit nie eers agterkom nie. Op daardie stadium mag dit nie belangrik lyk nie. Later sal jy besef as jy net kan teruggaan en alles weer oordoen sal jy dit anders doen. Die problem is dat jy nie kan teruggaan nie.. daaarom moet jy die konflik vroeg hanteer.

  1. Beoefen beheersing, veral met jou tong

Elke mens moet maar te gewillig wees om te luister, nie te gou te praat nie en nie te gou kwaad word nie (Jakobus 1:19). In ons moderne kultuur glo ons dat ons moet sê wat ons dink en voel. Is dit werklik nodig? Wat sal gebeur as jy dit nie doen nie? Vredemakers beheers hulleself. As God nou in een oomblik sou ontlaai en alles wat ons verkeerd gedoen het of tekort geskied het op die tafel plaas, sou ons total vernietig word. Maar God doen dit nie

Laat die manier waarop God jou hanteer het jou lei in jou soeke na vrede. Beheers jou, veral met betrekking tot jou tong.

  1. Berei jou voor vir ‘n lang reis

As die problem vroeg geïdentifiseer word, mag vrede vining herstel word. Waar wonde egter reeds diep is, moet jy jou vir ‘n lang reis voorberei. Soms is dit moeilik om vrede te vind. Om vrede te maak is ‘n proses. Julle wat vroeër ver van God gelewe het, het nou naby gekom deur die bloed van Christus. Christus is ons vrede (Efesiërs 2:13). Ons vervreemding van God gaan terug na Adam en Eva. God het meedoënloos vrede met ons nagejaag en vredemakers weerspieël hierdie volharding.

  1. Gee ‘n tree na vrede

As jou vyand honger is,gee hom iets om te eet; as hy dors is, gee hom iets om te drink; want deur dit te doen, maak jy hom vuurrooi van skaamte (Romeine 12:20).

Om vrede te maak, mag ‘n lang reis wees, maar selfs ‘n lang reis begin met ‘n enkele tree. As Paulus hier praat van jou vyand beskryf hy ‘n situasie waar vrede ver weg is. Maar selfs jou vyand het behoeftes. Die beginsel is duidelik: as dit lyk of vrede nie binne bereik is nie, soek na een klein tree in die regte rigting. Hierdie een tree in die regte rigting mag ‘n volgende tree moontlik maak.

  1. Mik na nederighied en nie na vernedering nie.

God maak vrede nie deur mag nie, maar deur liefde. Hy trek ons nader aan Hom ten spyte daarvan dat al die reg aan sy kant is. Dit vereis buitengewone nederigheid. Maar Hy het Homself verneder deur die gestalte van ‘n slaaf aan te neem en aan mense gelyk te word (Filippense 2:7).  Onpersoonlike kommunikasie lei selde tot persoonlike versoening. Toe God vrede met ons gemaak het, het Hy persoonlik in Jesus Christus na ons toe gekom. Hy kom nie met ‘n magsvertoon nie, maar Hy kies om Homself kwesbaar te maak. Dit is sy liefde wat ons aantrek.

As iemand iets verkeerd aan jou gedoen het, moet jy vra wat jy wil bereik. Is dit wraak? Dan is jy nog nie ‘n vredemaker nie. As jy wil bewys dat jy reg was, is jy nog nie gereed om vrede te maaak nie.

  1. Vertrou die ongeregtighede wat jou aangedoen is aan God toe.

Dit is die wil van God dat julle deur goed te doen, ‘n einde sal maak aan die kwaad wat mense sonder begrip uit onkunde praat (1 Petrus 2:14). Dit is genade as iemand die pyn van onverdiende lyding verduur omdat Hy aan God getrou wil wees (1 Petrus 2:19). Iewers in jou lewe gaan jy hartseer wees omdat iemand jou onregverdig behandel het. As jy onregverdig ly, moet jy onthou dat Jesus ook daar was. Tog was Hy die groot Vredemaker Hy het die ongeregtighede gedoen teen Hom verduur as voorbeeld sodat ons in sy voetspore kan volg.

Hoe tree ons op as ons onregverdig behandel wor?

  • Toe Hy beledig is, het Hy nie terug beledig nieI (1Petrus 2;23). Mense het vir Jesus beledig, op Hom gspoeg, maar Hy het die mense nie terug beledig nie, want Hy het gekom om vrede te maak. Vredemakers absorberr beledigings.
  • Toe hy gely het, het Hy nie gedreig nie (1 Petrus 2:23). Soldate het hom geslaan. Hy kon hulle baie maklik gedeig het met oordeel. Hy doen dit nie, want Hy het gekom om vrede te maak.

Hoe het Christus dit gedoen en hoe kan gewone mense dit doen? Hy het … alles oorgelaat aan Hom wat regverdig oordeel (1 Petrus 2:23). Oorgelaat aan beteken dat jy na God kyk om die ongeregtigheid te hanteer.

Christus, die groot Vredemkaker, het vir ons ‘n voorbeeld nagelaat, sodat ons in sy voetspore kan volg.

Volgende keer gaan ons die laaste seënuitspraak hanteer.