Die seënuitsprake van Jesus (9)

Die seënuitsprake van Jesus (9)

In die begin van die bergrede lees ons dat Jesus teen die berg opgegaan het, gaan sit het en Hy het hulle geleer:

Geseënd is dié wat geestelik arm is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Geseënd is dié mense wat treur, want hulle sal die aarde erf.

 Geseënd is dié wat honger en dors na geregtigheid, want hulle sal versadig word.

Geseënd is die barmhartiges, want hulle sal barmhartigheid ontvang.

Geseënd is dié wat suiwer van hart is, want hulle sal God sien.

Geseën is die vredemakers, want hulle sal kinders van God genoem word.

Geseënd is die mense wat vervolg word ter wille van geregtigheid, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemele.

Matteus 5:3 – 10 (Nuwe Testament en psalms , Direkte Vertaling. Bybelgenootskap van Suid-Afrika. (2014).

Colin S. Smith het ‘n baie interessante boek geskryf oor die seënuitsprake van Jesus: Momentum -Pursuing God’s Blessings Trough the Beatitudes (2016).  Die boek sê wat ons kan doen om die momentum in die Christelike lewe wat ons almal soek, te kan kry. Ek gaan ‘n hele paar blogs aan hierdie boek spandeer.

 

Vandag kyk ons na die elemente van geestelike treur. Geestelike treur is ‘n treur wat jy in jou hart voel oor sekere sondes as gevolg van nederigheid deurdring met hoop wat daartoe lei dat jy van daardie sondes afsien. In hierdie definisie is daar ses elemente wat wys na die karakter, fokus, motief en uitkoms van geestelike treur. Saam beskryf hulle die proses van hoe jy die sirkel van dieselfde sonde te herhaal kan breek en groei in jou Christelike lewe,

 

  1. Geestelik treur noem spesifieke sondes

Geestelike treur het altyd ‘n duidelike fokus. Dit verskil radikaal van ‘n algemene gevoel van onwaardigheid of mislukking. Hoe kan jy ‘n algemene gevoel van onwaardigheid en mislukking hanteer? Om oor sonde in die algemeen te treur laat jou nie vorentoe beweeg nie. Geestelike treur hou verband met spesifieke sondes. Die eerste stap is om een of twee sondes by naam te noem – sonder verskoning. Soek na spesifieke sondes wat in die donker hoeke van jou siel wegkruip.

 

Geestelike treur begin as jy jou sondes raaksien. Maar ons sien maar sleg. Ons instink is om alles wat ons doen te regverdig. Ons sien nie onsself soos ander ons sien nie. Wat nog te sê soos God ons sien. Daarom het ons ‘n flits nodig om in die dieptes van ons siel te sien. God skyn daardie lig deur sy woord, sy Gees en sy mense. Geestelike treur begin met God se woord oop voor ons Wanneer u woord vir mense oopgaan, bring dit lig; dit gee insig aan dié wat nog onervare is (Psalm 119:130).  God gebruik dit wat jy in die Bybel lees om jou oë te open.  Leer om spesifieke sondes raak te sien as jy jou Bybel lees. Jy begin sien wat God sien. Die Bybel leer jou watter sondes om voor te kyk en die Heilige Gees sal vir jou wys waar hulle gevind kan word. Ander Christene kan jou ook help. Eerlike verhoudings met ander Christene is ‘n gawe van God. Bely julle sondes eerlik teenoor mekaar en bid vir mekaar (Jakobus 5:16). Vra iemand wat eerlik met jou oor jou lewe kan praat en luister na hom/haar.

 

  1. Geestelike treur behels treur wat jy in jou hart voel

Hier fokus ons op die verskil tussen ‘n sonde erken en om waarlik in die hart berou te hê. Na ‘n oorwinning in ‘n geveg het koning Saul ‘n direkte opdrag van God geïgnoreer deur van die buit vir homself en sy manskappe te neem. Die koning het gejok, mislei en gesteel en toe jok hy nog om sy oortreding te probeer verberg. Toe sê hy vir Samuel: “Ek het gesondig,’ sê Saul toe. Éer my tog net voor die leiers van die volk en voor Israel deur saam met my te kom sodat ek die Here u God kan aanbid.(15:30). Saul het erken dat hy verkeerd was, maar nie uit sy hart uit nie. Treur uit die hart uit oor ‘n spesifieke sonde groei as jy sien wat dit kos vir jou, vir ander, vir Christus.

 

Die koste vir jouself: Dink aan die heilige lewe waartoe God jou geroep het en dat sonde jou bruikbaarheid vir God beperk het. Dit hou jou op ‘n afstand van God. Deur spesifieke sondes te noem, fokus jou aandag op wat in jou lewe moet verander.

 

  1. Geestelike treur se bron is nederigheid.

Dit is moeilik om te treur oor ‘n sonde wat jy geniet het. Jy moet eers arm van gees word. As hy eers die eerste ring baasgeraak het, het hy momentum vir hierdie tweede ring. As jy hierdie vooruitgang in die seënuitsspake sien, sal jy weet wat om te doen as dit voel asof jy vasgehaak het.

 

  1. Geestelike treur is deurdring met hoop

As jy jou sondes sien vir wat hulle is en wat hulle kos, besef jy dat jy in ‘n gevaarlike plek vir jou siel is. Wanhoop is nou maklik. Onthou as God sy lig op jou sondes skyn, is die doel daarvan om jou na Jesus te lei. Hy is die vriend van sondaars en in Hom sal jy hoop vind. Die oorsprong van hoop is geloof in Christus en dit wat Hy alles aan die kruis vermag het. Judas wat Jesus verraai het, het spyt gekry oor wat hy gedoen het, hy gooi die geld wat hy gekry het terug in die tempel, hy het weggeloop en hom gaan hang (Matteus 27:5). Judas kyk na sy optrede met spyt, maar hy kyk nie na Jesus Christus vir vergifnis nie. Sy treur lei na wanhoop. Die Heilige Gees lei nooit ‘n mens na wanhoop nie. As bedroefdes, en tog is ons altyd opgeruimd (2 Korintiërs 6:10). Ons vind dat ons dikwels sê: Ek ellendige mens (Romeine7:24), maar as ons na Christus kyk, kan ons ook sê: Aan God die dank (Romeine 7:25). Hy doen dit alles deur Jesus Christus ons Here (Romeine 7:25). As jy geestelik treur, hou jou een oog gefikseer op jou sonde en die ander oog op die kruis. For every look at yourself, take ten looks at Christ (Robert Murray M’Cheyne).

 

  1. Geestelike treur gebeur by die kruis

Hoe kan jy ‘n proses begin waar jy haat wat jy vantevore liefgehad het. Jy begin deur spesifieke sondes te identifiseer en gaan verder deur die koste te bereken  wat deur , ander mense en deur die Here betaal word. Die proses kry momentum as jy met leë hande voor God staan. Al hierdie dinge lei na die kruis. Dit is die plek waar ons geestelik treur. Om ons sondes te bevestig en te bely lei jou na geestelike treur, maar jy weet dat die liefde van Christus jou verder sal neem. Kyk na die kruis en sien wat jou sonde aan Jesus gedoen het, maar belangriker, sien wat Jesus vir jou gedoen het aan die kruis en jy sien hoe baie Jesus jou liefgehad het. Dit versterk jou in jou stryd teen sonde meer as enigiets anders. Learn this lesson, not to trust Christ because you repent, but trust Christ to make you repent (C. H. Spurgeon).

 

Alles wat tot dusver gesê is, word by die kruis gedoen.

 

  1. Geestelike treur sal maak dat jy jou sondes versaak

God has not promised to forgive one sin that you are not willing to forsake ( Alan Redpath). As ‘n sonde ‘n gewoonte geword het-selfs ‘n verslawing – sal om geestelik te treur die oplossing wees om die verslawing te breek.

 

Volgende keer hanteer ons die volgende seënuitspraak van Jesus.