Die Tien Gebooie: Hoe gebruik ons dit?

Die Tien Gebooie: Hoe gebruik ons dit?

Daar is ten minste drie gebruike van hierdie geskrewe wet:

 

  • ‘n Siviele gebruik

As ons Romeine 1:29 – 32 lees, gee Paulus vir ons ‘n hele lys van verkeerde dinge wat die mens doen. Dit lyk nie juis asof ons die menslike natuur kan vertrou nie. Ongelukkig is die enigste ding wat ons soms keer om die wet te breek die dreigement dat ons gestraf gaan word. Die wet dien dus as afskrikmiddel in die siviele sfeer.

  • ‘n Teologiese gebruik
  • Die wet wys vir ons hoe ver ons tekortskiet aan die vereistes wat God neergelê het. Die probleem vir ons is dat die wet nie ons optrede met dié van ander mense vergelyk nie, maar met dié van God. Dit dryf ons tot wanhoop en veroorsaak dat ons skuiling teen God se toorn soek in Christus se geregtigheid.

  • ‘n Morele gebruik
  • Ons is nou gereed om na die verskillende gebooie te kyk.