Die vreugde van wysheid

Die vreugde van wysheid

Ek het my kennis by Hom gekry, ek was elke dag sy vreugde; die hele tyd het ek dit by Hom geniet. Ek het my verlustig in die wêreld wat Hy gemaak het, die mense was vir my ‘n vreugde (Spreuke 8:30 – 31).

Die Vader en die Seun het hulle verlustig in die wêreld wat hulle gemak het en in ons. Ons sien die skoonheid in dinge as hulle in die regte verband met mekaar staan. Liefde is mooier as haat. Hoe meer ons raaksien hoe die verskillende dele bymekaar pas, hoe meer vreugde het ons in musiek. As ons sien hoe die blom alles bymekaar pas, hoe mooier is dit vir ons. Mooi nie vir wat dit vir ons kan doen nie, maar as deel van God se skepping. Wysheid is onderskeiding en die vorming van die regte verhoudings en ons verbly ons daarin.

God het ons gemaak  vir die vreugde en liefde daarvan.  Hy het ons lief, nie vir wat Hy uit ons kan kry nie, maar vir ons. Die hoogtepunt van wysheid is om God lief te hê net vir Homself alleen en om mense te waardeer, nie vir wat ons uit hulle kan kry nie, maar vir wesens wat die beeld van ons Skepper weerspieël.

Volgende keer as jy te staan kom voor ‘n gebed wat nie verhoor word nie, vra vir jouself: het ek God lief vir Homself of vir die dinge wat ek van Hom kry? Ons moderne lewe is so  besig dat ons nie meer stilstaan en die werke van u hande kan bewonder nie. Laat ek tyd maak om u werke te bewonder totdat ek my Skepper loof. Mag ek tyd maak vir skoonheid.