Die Woord word mens! (Johannes 1:14-17)

Die Woord word mens! (Johannes 1:14-17) – Francois Malan

In 1-13 is die verhouding van die Woord tot God, die wêreld, mense en Israel aangestip. In 1:14-18 word die hoogtepunt van die himne ingelei met die Woord wat mens word.

heerlikheid aanskou (Hebreeus sjekinah met dieselfde konsonante as die Griekse skene) – die uitdrukking herinner aan die heerlikheid van die Here by die Rietsee (Eks 14,15), by Sinaiberg (Eks 19), maar veral by die tent van ontmoeting (Eks 33:7-11,19) en aan die heerlikheid in en op die tabernakel (Eks 40:34-38). Dit gaan in dié Evangelie oor die tweede uittog (exodos) uit die slawehuis van sonde, met baie sinspelings op die Ou Testament.

Die argument word onderbreek met Johannes die Doper se getuienis, wat in v30 verder uitgewerk word. ‘Hy wat ná my kom, is my vóór (in status), want Hy was voor my al daar (voor in tyd). Die Woord/Jesus Christus is deel van die ewige voorrang van God. Johannes getuig steeds oor die Woord, wat ons swakke menslike natuur aangeneem het. Hy het ‘hard uitgeroep’, krazein (NAV gesê), soos die Ou Testamentiese profete wanneer hulle ernstige aankondigings maak (Jes 61:2). Johannes se getuienis beteken: Al het Hy mens geword, bly Hy ewig God.

 

Skrywer: Prof Francois Malan