Drie sienings van verlossing

. –C.H. Spurgeon

Drie sienings van verlossing

J. I. Packer vertel van die man wat nie kan swem nie en in ‘n rivier val. Die boomwortels vang hom vas en hy kan nie loskom nie. Sy toestand is desperaat – sy asem word min.  Drie mense kom op die rivierwal aangestap. Die eerste een kyk na hom en sê: “Moenie bekommerd wees nie. As hy genoeg spartel sal hy loskom. Hulle doen dit altyd. Eintlik is dit goed vir hulle karakter dat hulle so moet stoei. Ek los hom net so.”

Die tweede een kyk na die spartelende man en sê: “Ek wil jou graag help. Ek weet wat jy nodig het. Jy moet leer om beter te swem.’ Hy gee die spartelende man goeie raad, maar gaan nie verder nie. Die derde man sien die spartelende man se probleme. Hy spring in die rivier en bring hom veilig op die wal uit, pas kunsmatige asemhaling toe. Wie van hierdie drie mans illustreer vir ons wat God doen om ons te red.

Hierdie drie sienings het teologiese name:

  • Pelagianisme. Die enigste boodskap is selfhelp – ‘n harde ongevoelige vorm van die Christelike geloof.
  • Arminianisme. God vertel ons hoe ons gered kan word, maar stop net daar. Hy is nie meer betrokke nie.
  • Calvinisme. God neem die inisiatief; Hy kom af tot waar ons is.; Hy word deel van ons probleme; Hy doen alles wat gedoen moet word. Hy breek die sondebande wat ons verstrengel; Hy bring ons na God toe; Hy herstel lewe; Hy maak ons gelowiges. Dit doen Hy alles deur sy soewereine genade wat ons absoluut red.

Ek glo nie ons moet ons blind staar teen die name nie. Wat wel leersaam is, is dat daar verskillense soorte Christene is wat inpas in Packer se drie karegorieë. Dir vraag: Watter soort Christen is ek?

Uit:  “To All Who Will Come,” in Serving the People of God: The Collected Shorter Writings of J. I. Packer, Volume 2 (Paternoster Press), 200-01.