Drie slaggate vir geloof in die openbare lewe

There is no ordinary people. You have never spoken to a mere mortal – C. S. Lewis

Drie slaggate vir geloof in die openbare lewe

Oss Guinness identifiseer drie slaggate vir geloof in die openbare lewe:

  • Die skeiding tussen die openbare en private gebiede van ons lewens. Die private gebied is daardie spesiale gebied waar ek my individuele vryheid uitleef. Geloof val dan in hierdie gebied – dit is privaat en het niks met ander mense te doen nie. Hier kan ek heeltemal onafhanklik dink en optree. Die belangrike is dat in hierdie private gebied is daar baie moontlikhede om van te kies – geld en tyd is die enigste beperkings. Hierdie skeiding beteken dat as ek gaan werk ek my persoonlike oortuigings – ook my geloof – by die deur moet uittrek en daar los. Dit is egter nie wat Jesus Christus van my verwag nie. Hy is nie ‘n godsdienstige leier nie – Hy is die Here van my hele lewe. Dit sluit my private en openbare lewe in.
  • Politisering van ons godsdiens. Christelike aktivisme in die openbare lewe lei dikwels tot politisering van die kerk. Ons het dit tydens die apartheidsjare beleef. Dit is vandag steeds ‘n groot probleem in die VSA. Sodra die kerk gepolitiseer word, vind daar vervreemding tussen gelowiges in die kerk plaas.
  • Die bou van silo’s. Elke geloofsgemeenskap bou sy eie netwerk en instellings. Ook in ons gemeenskappe is daar baie van hierdie silo’s. Christene spandeer feitlik al hulle tyd en energie aan die instandhouding van hierdie instellings. Die gevolg is dat die kerk al sy tyd en energie na binne spandeer en hy verloor sy uitwaartse beweging in die samelewing. Die kerk is nie meer die sout en lig vir die hele wêreld nie.

Kyk weer na hierdie drie slaggate. Al wat ons kan sê, is: Jammer, ons is skuldig.