Een Persoon + God = Oorwinnaar

Een Persoon + God = Oorwinnaar

As daar nou een profeet is wat menslik gesproke alleen gestaan het, was dit Jeremia. God het hom uitgekies om ‘n verskriklike boodskap aan Israel oor te dra. In Jeremia 15:10 – 21 (Die Boodskap) lees ons onder andere: Dit gaan sleg met my! Hoekom het Ma my ooit in die wêreld gebring? Ek is altyd aan die stry en baklei.

Wat doen hy? Toe bid ek: “Here, U weet alles. Dink tog aan my en help my”. Ten spyte van al die teenspoed en swaarkry, weet Jeremia waar om hulp te doek – by God. Die wonderlike is dat God hom antwoord (vers 19 – 21). God belowe om hom weer te gebruik, maar dan moet hy:

  • Eers oor sy mense – Israel – besin. Hulle is hardkoppig en sal maar moeilik na Jeremia luister.
  • Eers oor die eindresultaat besin. Moenie bekommerd wees nie, Ek sal jou so sterk soos ‘n kopermuur maak. Hulle sal jou nie wen nie. Ek sal jou beskerm en jou red.