Ek bekommer my

 

Light thoughts of sin breed light thoughts of the Saviour. —C.H. Spurgeon

 

Ek bekommer my

Moet ek dit of eerder dat doen? Wat sal gebeur as ek dit doen? Binnekort gaan ons bekommernisse oor in angs. Die probleem is ons onvermoë om resultate te bepaal. Wat kan ons onder hierdie omstandighede doen? Onthou God.

 

Reeds van vroegste tye af antwoord God die bekommernisse van mense. Ons moet besef dat ons nie alleen is nie, dat God hoor en dat God midde in ons bekommernisse werk

 

  1. Ons is nie alleen nie

Die psalms beklemtoon hierdie waarheid. Hulle wys vir ons weer en weer dat God omgee. Die psalmiste was gewone mense – net soos ons. As die psalmis dus sê Selfs al gaan ek deur donker dieptes, sal ek nie bang wees nie, want U is by my. In u hande is ek veilig (23:4), kan ek dit glo. Werklike vyande wou hom probeer doodmaak.

 

Die psalms gaan oor die werklike lewe. Daarom help hulle ons. Ons omstandighede mag verskil, maar daar is tog wonderlike ooreenkomste. Kyk net na Psalm 37. Kyk hoe begin die psalm: Moet jou nie ontstel oor skelms en jou kwel oor skurke nie. En in vers 8: Moet jou nie ontstel nie: dit bring net ellende. Natuurlik is daar baie redes waarom God se kinders hulle ontstel, maar die opdrag om ons nie te ontstel nie, bly dieselfde. Maak nie saak watter bekommernisse ons het nie van ons broers en susters was reeds daar.

 

  1. God hoor ons

Die psalmis praat met God se mense oor onsteltenis. Dit beteken dat God weet wat besig is om te gebeur. Hy het toe sy mense gehoor en Hy hoor hulle nou. Wat egter duidelik is, is dat die psalmis sy volle vertroue in God se nabyheid stel – God luister na hom en Hy gee om. As ek na die Here roep, antwoord Hy my van sy heilige berg af (Psalm 3:4); Besef tog dat die Here wonders gedoen het vir dié wat aan Hom getrou is. Die Here hoor as ek na Hom roep (Psalm 4:4); Die Here het geluister na my smeking, die Here het my gebed aangeneem (Psalm 6:10). Te midde van ons ontsteltenis gee God om – Hy word nooit onverhoeds betrap nie.

 

  1. God werk vir ons

Die oproepe in Psalm 37 is vol verwysings na God se hulp in die verlede. Die skelms sal uitgeroei word (37:9); Nog ‘n rukkie en daar sal geen goddelose meer wees nie (37:10). God raak betrokke by ons vrae en ontsteltenis – en Hy doen iets daaraan. Die mag van die goddeloses sal verbreek word … Die Here sorg vir die lewe van die opregtes (37:17 – 18)

 

Hierdie is nie blote sentiment nie. Jesus sê: Julle moet nie ontsteld wees nie. Glo in God; glo ook in My (Johannes 14:1).