Ek dryf weg

image_pdfimage_print

Nobody can do as much damage to the church of God as the man who is within its walls, but not within its life. —C.H. Spurgeon

 

Ek dryf weg

J. D .Greear sê dat die grootste gevaar vir gelowiges is nie een of ander ramp wat hulle dramaties wegdruk van God nie. Nee, dit is eerder die stadige afstomping van hulle harte vir God. Hulle “sien” nie meer vir God nie. Die Hebreërskrywer identifiseer vyf sulke gevare:

 

 

  • Verdeeldheid. Beywer julle vir vrede met alle mense (12:14). Verdeeldheid en struweling maak dat ons skoon van die koninkryk van God vergeet. Al waaraan ons dink is ons regte en belange. Maar die skrywer sê dat ons ons vir vrede moet beywer. Vrede beteken dat ek eerste vergewe; dit beteken ek neem die handdoek en was ander se voete; ons soek die welstand van ons “vyande.” Nederigheid in diens en vergifnis is gawes wat God aan ons gee om ons geloof te vernuwe.

 

  • ‘n Wêreldse lewe. Beywer julle … vir ‘n heilige lewe (12:14). Die teenoorgestelde van ‘n heilige lewe is ‘n wêreldse lewe. As ons gedagtes en denke vol wêreldse dinge is, sal ons nooit in staat wees om God te sien nie. Dit is nie so maklik nie. Spurgeon het gesê: “You will never gain holiness by standing still. Nobody ever grew holy without agonizing to be holy. Sin will grow without sowing, but holiness needs cultivation. Follow it; it will not run after you. You must pursue it with determination, with eagerness, with perseverance, as a hunter pursues its prey.” Heiligheid kom nie natuurlik nie – dit vereis dissipline.

 

  • Verbittering. Sorg dat daar nie verbittering soos ‘n wortel uitspruit nie (12:15). As daar bitterheid in ons hart is teenoor iemand is daardie persoon op daardie oomblik vir ons belangriker as God. Wat oorheers my gedagtes? Wat maak my bitter? Bitterheid maak dat ons God nie meer sien nie.

 

  • Sedeloosheid. (12:16). Ons organiseer ons lewens sodat ons “goed voel.” Daar is tog meer aan die lewe as blote liggaamlike sensasies. Dit veroorsaak dat ons nie meer bewus is van wat werklik belangrik is nie. Soos Esau verruil ons die ewige vir ‘n tydelike “goed voel.” Dit is mos kortsigtig.

 

  • Gebrek aan aandag. Pas op. Moet Hom wat met julle praat, nie afwys nie … Hoeveel minder sal ons ontkom wanneer ons nie ag slaan op Hom wat van die hemel af met ons praat nie? (12:25). Hoe kan ons sy woord waar Hy met ons praat as ‘n sekondêre saak beskou? Die prediking van God se woord is nie godsdienstige vermaak nie – mense se lewens hang daarvan af.

 

Hoeveel van hierdie gevare sien jy in jou lewe raak?

 

 

image_pdfimage_print