EK DRYWE GEESTELIK WEG

EK DRYWE GEESTELIK WEG

Hebreërs 1 het die oppermag van Jesus Christus teenoor die engele bevestig. Hoekom het die skywer dit gedoen? Wat moet ons uit die skrywer se argument leer?  Die woorde om hierdie rede (2:1) stuur ons in die regte rigting. Gegewe die oppermag van Jesus oor die engele HET en sy identiteit as die Goddelike Seun van God, vereis en verdien Jesus om gehoor te word. In die Ou Testament het  boodskappe van engele met soveel gesag en mag gekom dat die ontvangers hulle feitlik dood geskrik het. Hoeveel te meer moet ons luister nou dat  God met ons gepraat het deur die Seun (Hebreërs 1:2). Ons moet aandag gee n luister na die God wat praat. Dit sal dwaas wees om Hom te ignoreer.

 

Ons luister nie na die Seun sodat ons teologies op ander kan afkyk nie. Doktrine is nie iets waarmee ons ander slaan  of ons bure mee beïndruk nie. Ons benader die Bybel ernstig sodat ons met God kan kommunikeer en sodat ons nie wegdrywe nie. Die taal van wegdywe laat ons aan seevaart beelde dink. Op die oseaan is diegene wat in ‘n verkeerde rigting troei nie die enigstes wat hulle bestemming mis nie. Dit geld ook vir diegene wat glad nie roei nie – hulle bereik ook nie hulle ebstemming nie. Dit is die twe opsies van die Christelike lewe:

  1. Ons seil vorentoe in getrouheid; of
  2. Ons dryf weg in onttrou.

Daar is nie so iets soos stilstaan in die Christelike lewe nie.  Geestelike wegdrywe is dikwels iets wat ons nie sien as dit begin nie. Maar net soos bote in die see kan ons heeltemal van koers wegdrywe binne oomblikke. Jy hoef nie ver van koers te wees om ver van jou verlangde bestemming te wees nie. Daar is net een manier om teen hierdie gevaar van geestelike wegdrywe te veg.: ons moet aandag gee aan en die woord van God gehoorsaam. Ortodoksie en gehoorsaamheid is die roeispane wat ons moet gebruik om teen die stroom wat dreig om ons te laat wegdrywe te veg. Die stryd om heiligmaking is ‘n geveg teen die strome van die wêreld en die duiwel. Of ons luister na die Seun en luister na sy woord of ons dryf weg van Bybelse denke en word deur die kulturele verwarring van ons tyd weggedra van ons bestemming

 

Geestelike wegdrywe is ongelukkig algemeen. Kerke en individue word selde in een revolusionêre omver gewerp. Kerke en individue dryf ‘n bietjie op ‘n slag. Kerke veslap hulle teologiese oortuigings totdat hulle onwillig is om grendse te trek of om duidelik oor belangrike sake ‘n standpunt in te neem.

 

Hoe verhoed ons dat ons geestelike wegdrywe. Om hierdie rede moet ons soveel kragtiger vasgryp aan wat ons gehoor het, sodat ons nie dalk wegdrywe nie (2:1). Ons kry dit dwarsdeur die Skrif: Die geloof kom dus deur die prediking wat ‘n mens hoor, en die prediking wat ons hoor is die verkondiging van Christus (Romeine 10:17). As die Skrif praat van luister beteken die opreg luister en verstaan.. Om die woord van God reg te hoor is geestelik hoor – dit behels glo, gehoorsaam en onderwerping aan wat gehoor is. Om reg te hoor, is meer ‘n funksie van die hart en nie net die ore nie.

 

Christelike getrouheid het nie ‘n geheime formule nie. God maak ons heilig deur sy woord. Ons verhoed die gevaar van geestelike wegdrywe deur die Skrif te lees, te hoor en daaroor na te dink en dit te gehoorsaam, When Scripture speaks, God speaks ( B. B. Warfield) ons verhoed dat ons wegdrywe deiu die anker van ons siel in die diep waters van God se woord neer te laat.