Ek is geïrriteerd

 

Don’t allow the Internet to become your congregation. YouTube is a horrible place to go to church. —Albert Mohler

 

Ek is geïrriteerd

‘n Sagte antwoord laat woede bedaar; ‘n krenkende woord laat woede ontvlam (Spreuke 15:1).

As ek geïrriteerd is plaas ek ‘n las op ander, want my skerp woorde maak dat hulle kwaad word. Ons probeer altyd ander mense blameer – dit is hulle wat my irriteer. Paulus sê die liefde word nie geïrriteerd nie (1 Korintiërs 13:5 – Interliniêre Bybel).

 

Geïrriteerdheid se oorsaak is gewoonlik selfsugtigheid – dit is gewoonlik omdat ons iets wat ons wil hê nie kan kry nie. Wat ons begeer is dikwels nie verkeerd of sondig nie, maar ons selfsugtige reaksie beteken dat ek God nie vertrou nie.Vertrou altyd op Hom (Psalm 62:9). Dit is ook dikwels omdat ek iemand anders nie waardeer, liefhet of dien nie. Liefde is nie geïrriteerd nie.

 

Alles goed en wel, maar wat kan ek doen om minder geïrriteerd te wees?

  • Stop en bely dat jy verkeerd is. Vra vir jouself: “Wat begeer ek wat ek nie kan kry nie?”
  • Vertrou beloftes soos 2 Korintiërs 9:8 (En God is by magte om aan julle alles in oorvloed te skenk, sodat julle in alle opsigte altyd van alles genoeg kan hê), Filippense 4:19 (En my God sal in elke behoefte van julle ryklik voorsien), ens. Hulle sal jou help om die versoeking van geïrriteerdheid te oorwin.
  • Moet dan nie toelaat dat die sonde nog langer oor julle heerskappy voer en julle die begeertes van julle sterflike aardse bestaan laat gehoorsaam nie (Romeine 6:12). As ons besef dat liefde nie geïrriteerd word nie, sal ons emosies mettertyd aan sy opdragte gehoorsaam wees. As julle my liefhet, sal julle my opdragte uitvoer (Johannes 14:15).
  • Dink voor jy iets doen of sê. Dit kan jou help om die versoeking van geïrriteerdheid teen te staan. Vra jouself af: “Wanneer is ek geïrriteerd?” Vra ander om jou te help om hierdie vraag te antwoord. Plaas dan sisteme en gewoontes in plek wat hierdie struikelblokke sal verwyder.

 

Dit gaan nie maklik wees nie. Om gewoontes te verander is harde werk. Werk daaraan.