Ek het God vergeet

Ek het God vergeet

Die Isaraeliete het gedoen wat verkeerd is in die oë van die Here (Rigters 3:7). Wat beteken dit?

  • Hulle het van die Here af weggedraai – hulle het Hom vergeet; en
  • Hulle het afgode gedien.

In die Bybel het om die Here te onthou en te vergeet ‘n geestelike betekenis. As mense in die Ou Testament  God gevra het dink aan u barmhartigheid en troue liefde, Here (Psalm 25:6) en moenie ons sonde vir altyd teen ons hou nie, onthou tog ons is almal u volk (Jesaja 64:9) het hulle nie gedink God sou letterlik vergeet het wat iemand gedoen het nie of dat Hy sou vergeet wie Hy is nie. As God gevra word om in sy liefde en barmhartigheid aan hulle te dink, vra hulle Hom om volgens sy karakter op te tree. As iemand vra dat God nie sy sondes moet onthou nie, vra hulle dat God nie sal optree volgens wat Hy weet nie.

 

Die Israeliete het geweet wie God is en wat Hy wou gehad het, maar dit was nie vir hulle ‘n werklikheid nie. Dit is steeds vandag ‘n geestelike probleem. Wat ons in ons “koppe” weet is nie ‘n werklikheid in ons harte en hele wese nie. Ons erken intellektueel dat iets waar is, maar dit beheer ons nie in ons harte nie. Die Israeliete, soos ons, het voortdurende herlewing nodig, want waarhede aangaande God wat eens lewenskragtig en werklik was, word onwerklik. Ons ken die waarhede aangaande God, maar dit is geen werklikheid in ons harte nie. – ons proe en voel en sien dit nie. Daarom word afgode meer werklik in ons harte.

Die geneesmiddel is om te verseker dat ons hart onthou, is: En juis om hierdie rede moet julle alles in die stryd werp om julle geloof te verryk met deugsaamheid, die deugsaamheid met kennis, die kennis met selfbeheersing, die selfbeheersing met volharding, die volharding met godsvrug, die godsvrug met liefde onder mekaar en die liefde onder mekaar met liefde vir alle mense (2 Petrus 1:5 – 7). As iemand nie hierdie kenmerke het nie, hoekom nie. Het hy nie hard genoeg probeer nie. Nee. Iemand wat hierdie dinge nie sy eie gemaak het nie, is kortsigtig; nog erger hy is blind en het vergeet dat hy van sy vroeëre sondes gereinig het – hy het vergeet. Daarom:  om hierdie rede sal ek julle altyd aan hierdie dinge herinner al weet julle dit (2 Petrus 1:12). Petrus sê dat as die vergifnis en verlossing van Christus vir jou ‘’n werklikheid is, sal jy dit in jou karakter en lewe uitleef. Jy moet herinner word aan wat jy reeds weet; hierdie waarhede moet in jou hart werk en dit moet ook in jou verstand verstaan word. Die probleem wat die Israeliete gehad het, het ons ook.  Hoe kan ons seker maak dat ons onthou. Hier is drie voorstelle.

  1. Jesus het vir ons ‘n visuele beeld gegee van wat Hy vir ons gedoen het – die Nagmaal. As Hy sê: Gebruik dit tot my gedagtenis (Lukas 22:19). Moet hierdie waarhede in jou hart werk en in jou verstand verstaan word. Maar ons vergeet steeds. Met die Nagmaal hernuwe die werklikheid van die evangelie in ons harte.
  2. As ons die Bybel lees, moet ons dit nie net vir inhoud bestudeer nie ons moet leer om na te dink sodat ons nie net die waarhede erken nie, maar hulle onthou en deur hulle geroer word.
  3. Jesus het die Nagmaal gesien as ‘n gemeenskapsgebeurtenis. Ons moet herinner word om God se waarhede te leer en toe te pas in groepe. As verskeie mense na ‘’n waarheid kyk, kan ten minste een persoon sê sjoe, Dit kan dan na die ander versprei. Daar is nie iets soos ‘’n Christen wat in isolasie werk en lewe nie. Ons moet deel wees van die geloofsgemeenskap.