Ek het jou gestuur!

 

Only the Gospel goes deep enough to effect real hard change. Everything else is just behavior modification. —Jared Wilson

 

Ek het jou gestuur!

’n Student loop eendag huis toe na haar klasse. Op ‘n straathoek staan ‘n klein dogtertjie en bedel. Haar klere was dun en vuil; haar hare was deurmekaar en vuil; haar wange was rooi van die koue. Die student gooi ’n paar muntstukke in die dogtertjie se beker. Sy glimlag so effens en stap verder.

 

Soos sy verder loop, voel sy skuldig. Sy dink: “Hoe kan ek nou na my warm kamer teruggaan, waar ek genoeg geld, baie kos  en klere het om my warm te hou. En dit terwyl hierdie klein dogtertjie op die straathoek staan en bedel en van die koue bewe.”

 

Die student raak kwaad vir God. Sy vra: “God, hoe kan U toelaat dat sulke dinge gebeur? Hoekom doen U nie iets om hierdie klein dogtertjie te help nie?”

Diep in haar hart hoor sy God antwoord: “Ek het iets gedoen. Ek het jou gemaak en jou na daardie dogtertjie toe gestuur.”