Ek slaap goed

Yet in our busy, noisy, overstimulating mission field of the world, it is one of the church’s high callings to give the gift of silence, of greater spaciousness to make room for contemplative encounters with the means of grace, so that the Spirit may most freely do the works of salvation to form us in faith. – Jonathan Linman

Ek slaap goed

(Psalm 3:6)

Spurgeon sê dat slaap die beste geneesheer is wat hy ken. Dit het al meer pyne en moeë harte en bene genees as enige bekende geneesheer. Dit is die beste medisyne wat daar is – beter as enigiets wat jy in ‘n apteek kan kry.

 

As daar wel ‘n verskil is, is dit ten opsigte van die handearbeider. Of hy nou baie of min eet hy slaap vas. Hy wat fisies die hardste werk, slaap vaster as ander mense. Terwyl diegene wat in luukse leef rondrol onder hulle verekomberse, slaap die arbeider op sy harde bed – en as hy wakker word, dank hy God dat hy verfris is.

Ons weet nie hoe dankbaar ons moet wees omdat God ons snags rus gee nie. As jy al slapelose nagte gehad het, sal jy slaap waardeer. Jy sal God dank vir die groot guns wat Hy aan jou bewys het. Slaap is ‘n waardevolle gawe van God. Ongelukkig waardeer ons dit nie totdat dit van ons weggeneem word nie.