Ek stoot mense weg

 

It is a cheap and easy remedy to secede from a church when we see evils around us, but it is not always the wisest one – J. C. Ryle

Ek stoot mense weg

Daar is sekere gedragspatrone in mense wat as toksies beskryf kan word – dit stoot mense weg. Hierdie gedragspatrone is skadelik vir verhoudings, sukses, die individu wat so negatief optree en almal om hom. Almal van ons het al op een of ander stadium so opgetree, maar dit gebeur maar selde. As dit egter algemeen voorkom raak dit krities belangrik – jy moet verander

Kom ons kyk na ses sulke toksiese gedragspatrone.

 

  • Jy neem alles persoonlik op

Dit is mense wat glo dat alles wat in die lewe gebeur ‘n direkte aanslag op hulle is. Wat mense aan jou doen en vir jou sê gaan meer oor hulleself as oor jou. Dit gaan oor hulle perspektief, hulle wonde en hulle ondervindings. Dit beteken nie dat ons alle terugvoer moet ignoreer nie, maar baie van die hartseer en teleurstelling in ons lewens is die gevolg daarvan dat ons dinge persoonlik opneem. Dit is beter om na jou eie hart en wysheid te luister.

  • ‘n Obsessie met negatiewe gedagtes

Dit is baie moeilik om met mense wat die hele tyd gesels oor die verskriklike dinge wat besig is om te gebeur, saam te leef. Hulle praat die hele tyd oor die onregverdigheid van die lewe. Hulle sien net nooit die positiewe dinge wat besig is om te gebeur, raak nie. Om gedurig in negatiewe gedagtes vasgevang te wees, is neerdrukkend vir almal om jou. Om slegs die negatiewe raak te sien, om te glo dat alles en almal teen jou is, is ‘n skewe manier van dink en leef.

  • Beskou jouself as ‘n slagoffer

As jy glo dat jy ‘n slagoffer is wat geen invloed of rigting in die lewe het nie, hou jy jou vasgevang in die kleinlike. Ons het toegang tot meer mag en invloed oor ons lewens as wat ons dink. As jy stop kla en jouself as ‘n slagoffer sien – dit is nou maar my lot – sal jy sien jy het meer krag het as wat jy dink jy het.

  • Gebrek aan deernis

Jy het geen deernis met ander nie; jy bekommer jou nie oor hulle nie – dit is toksiese gedrag. Ons sien dit dikwels aanlyn – mens is destruktief, want hulle kan destruktief wees, want alles is anoniem. As jy iemand anders in die rug steek of hom afbreek … staan stil en kry deernis in jou hart.

  • Oormatige reaktiwiteit

As jy nie jou emosies kan hanteer nie, skep jy ‘n probleem vir almal om jou. Dit is mense wat oor die kleinste probleempie heftig reageer. Gewoonlik het hierdie mense hulp nodig om weer beheer oor hulle emosies te kry – hoekom tree hulle so op.

  • Jy verlang voortdurende bevestiging

Dit is mense wat ‘n behoefte daaraan het om gedurig goedgekeur te word – hulle wil gedurig hulle waarde bewys; hulle wil gedurig wen. Daar is ‘n groter prentjie in elkeen van ons se lewens en dit gaan oor meer as wat ons bereik. Dit gaan oor die reis, die weg, die proses. Dit gaan oor wat jy geleer en toegepas het; hoe jy ander help; die groeiproses in jou.

Jou desperate behoefte om jouself te bewys deur te slaag, is ooglopend vir almal – behalwe vir jouself. Die probleem dat dit die geluk waarna jy soek, wegdryf.