Ek wil nie

Ek wil nie

Daar is veral drie kategorieë waar ek “ek kan nie” as regverdiging vir my ongehoorsaamheid gebruik:

  1. Vergifnis. Ek kan nie dit of hom of haar vergewe nie. God se opdrag is duidelik. So sal my Vader wat in die hemel is, ook met julle maak as julle nie elkeen sy broer van harte vergewe nie (Matteus 18;35). Ons kan ons woede opsy skuif en ons harte versag met die kennis van die evangelie van genade. As ons sê ons kan nie, bedoel ons eintlik “ek wil nie”. Ons wil vashou aan ons woede, bitterheid en ons regte.
  2. Die waarheid praat. Ek kan hom nie die waarheid vertel nie, dit sal hom net seermaak. Nee, ons sal in liefde by die waarheid bly en so in alle opsigte groei na Christus toe (Efesiërs 4:15); Noudat julle die valsheid afgelê het, moet julle onder mekaar diewaarheid praat, want ons is lede van dieslefde liggaam (Efesiërs 4:25).                                                                                                                     Wat ons regtig bedoel as ons sê ons kan nie vir hom die waarheid vertel nie, is: “As ek hom die waarheid vertel, mag hy dalk nie meer van my hou nie Ek sal verneder word en hy sal ontsteld wees Ek kan nie dit waag nie- ek is eerder ongehoorsaam,”
  3. Versoeking. Ek kan dit nie weerstaan nie al weet ek dat dit verkeerd is, Sonde is verslawend. Dit is waar dat ons deur ons eie wilskarg dalk nie kan weestaan nie Maar hulp is beskikbaar: wees nederig, pleit vir genade by God en word aanspreeklik. Geen versoeking wat meer is as wat ‘n mens kan weerstaan, het julle oorval nie. God is getrou Hy sal nie toelaat dat julle bo julle kragte veseok word nie; as die versoeking kom, sal Hy ook die uitkoms gee, sodat julle dit kan weerstaan (1 Korintiërs 10:13) Geen sondige gedagte of optrede is onvermydelik of onweerstaanbaar nie.

 

Hoe hanteer ons hierdie ‘Ons wil nie”? God is die God wat ons verlos: Ek het julle uit Egipte laat trek (Rigters 2;10). God is die God wat getrou bly: Ek sal my verbond met julle nooit verbreek nie  (Rigters 2;2). Die basis van ons ongehoorsaamheid is dat ons vergeet wie Hy is. Solank as wat ons onthou wie Hy is, sal ons Hom met ons hele hart en met vreugde dien. Die Israeliete het dit nie gedoen nie en die gevolge was katastrofies. Daarom sê Ek vir julle: Ek sal nie hierdie nasies van julle af wegdrywe nie. Hulle sal vir julle ‘n strik word en hulle gode sal vir hulle ‘n valstrik word (Riters 2:3).

 

Hier is ‘n goeie beskrywing wat afgodery is. Afgodery neem ‘n goeie aspek van die skepping – die huwelik, besigheid, ens – en maak dit dié bron van jou sekuriteit, identiteit en mag afgode steel ons vreugde, want ons skiet altyd tekort.

Afgode is valstrikke. Hulle vang ons. As ons van iets ‘n afgod maak bind en verslaaf dit ons. Ons moet dit net eenvoudig hê. Ons kan nie ‘nee’ darvoor sê nie. Ons is verslaaf daaraan. Daarom werk baie mense te hard en in die proses offer hulle hulle familie, vriendskppe en gesondheid op op die altaar van hulle beroep

 

In Rigters 2 reageer die mense deur te huil en hulle bring offers vir die Here. Hierdie geslag na Josua het nie hulle rug volkome op die Here gedraai nie, alhowel hulle hom ook nie ten volle gehoorssaam het nie. Hulle is halfhalfhartige dissipels en dit laat hulle voortdurend in die versioeking omring deur valstrikke Hulle is gedurig in die versoeking om kompromieë in hulle leifde vir God aan te gaan.