Emosies

 

It is a reading age, a preaching age, a working age, but it is not a praying age.—C.H. Spurgeon

 

Emosies

Meeste studies sê dat daar sewe basiese menslike emosies is: woede, angs, verrassing, vertroue, hartseer, vrees en liefde. ‘n Kombinasie van basiese emosies kan na sekondêre emosies lei. Jy kan gewoonlik die betrokke emosie raaksien deur op gesigsuitdrukkings te let.

 

Wat gebeur met ons emosies as alles deur ‘n lewensveranderende ontmoeting met Christus gefiltreer word? Ons haal dikwels gedeeltes soos Romeine 12:1 – 2 aan wat sê dat ons verander moet word deur ons denke te verander. Maar bekering raak nie net ons denke nie – dit het ‘n impak op elke deel van ons. Op watter manier word ons emosies verander, genees en hervorm as ons Jesus ontmoet?

 

  • Woede – Jesus het woede geken – toe Hy die tempel gereinig het, was Hy kwaad en hartseer. As ons kyk na die oorsake van sy woede kry ons ‘n leidraad tot die verskil van Jesus. Hy was kwaad ten behoewe van ander. Die geldwisseling en koop van duur offers was ‘n betekenisvolle probleem vir baie arm mense. Woede na ‘n Jesus ontmoeting sal minder oor myself gaan en meer oor wat met ander besig is om te gebeur. Dit skuif van ‘n fokus na binne na ‘n bewustheid na buite wat ongeregtighede raaksien.
  • Ons luister na Jesus se voorskrif: Moet julle dus nie oor môre bekommer nie, want môre bring sy eie bekommernisse. Elke dag bring genoeg moeilikhede van sy eie (Matteus 6:34). Moenie vir jou oor die toekoms bekommer nie. Doen vandag wat jy moet doen.
  • Die dissipels kon nie voorspel wat Jesus sou doen nie. Toe die moeders hulle kindertjies na Jesus bring, aanvaar hulle dat Jesus nie deur hulle gepla wou word nie. Hulle was verkeerd. Toe 5000 mense honger was, aanvaar hulle dat Jesus hulle sou wegstuur. Verkeerd. As gelowiges weet ons dat as ons swaarmoedig oor die toekoms is, mag ‘n verrassing net om die draai wees.
  • Dit is ‘n emosie wat ons dikwels weer moet aanleer as ons Jesus begin volg. Slegte voorafgaande ondervindings lei tot suspisie en skeptisisme. Deel van ons reis met Jesus is dat Hy ons van bitterheid en twyfel moet losmaak. Ons moet met volle vertroue die doel wat Hy vir ons het aanvaar.
  • Dit is gewoonlik die gevolg van verlies. Jesus het gehuil (Johannes 11:35). Snaaks, want hy staan op die punt om Lasarus uit die dood op te wek. Hoekom huil Hy? Hy huil, want al die ander mense was hartseer. Hy wil nie hê dat ons alleen moet huil nie. Dit is steeds so. As Jesus se kinders huil, ontdek hulle hulle trane is met syne gemeng.
  • Die wêreld lyk vir ons bedreigend. Ons is bang om alleen te wees … tot ons ontdek dat ons nooit werklik alleen is nie. As ek weet ek is nie alleen nie, skep ek moed.
  • Almal soek liefde. Sonder liefde kan ons nie buite onsself uitreik en ander liefhê nie. Dan hoor ons die goeie nuus van die evangelie: Ons het lief omdat God ons eerste liefgehad het (1 Johannes 4:19).

 

Wat leer ons hieruit? Ons moet toelaat dat ons emosies deur God beïnvloed word. Hy het ons lief; Hy reis saam met ons.