Fauna en flora in die Bybel (10)

Fauna en flora in die Bybel (10) – Jan van der Watt

Ons gaan voort met die diere van die Bybel.

Hartbees: Deuteronomium 14:5.

Hiëna: Jesaja 13:22; 34:14.

Hond: Honde was nie so positief beoordeel soos ons dit vandag doen nie. Hulle is gewoonlik by ashope gesien waar hulle na kos gesoek het. Tog was daar van die konings wat sekere soorte honde aangehou het (1 Konings 21:23-24; Prediker 9:4; Matteus 15:26-27; 7: 6; Lukas 16:21; 2 Petrus 2:22).

Jakkals: Rigters 15:4; Jesaja 13:22; 34:13; Klaagliedere 4:3; Nehemia 4:3; Matteus 8:20; Lukas 13:32.

Kameel: Die kameel was die koning van die woestyn omdat dit met min kos en water kon klaarkom. Die kameel kon ook sowat 180 kilogram én sy baas deur die dik sand dra. Die Israeliete het nie kameelvleis geëet nie (Genesis 24:10; Levitikus 11:4; Deuteronomium 14:6; 1 Konings 10:2; Matteus 3:4; 19:24; 23:24).

Klipbok: Deuteronomium 14:5.

Klipspringer: Job 39:4.

Koeie: 1 Samuel 6:12.

Krokodil: Job 40:20; Esegiël 29:3.

Leeu: Hoewel ons baie van leeus in die Bybel lees, het hulle nie so algemeen voorgekom nie. Hulle het veral in die begroeide valleie gebly. Hulle was gerespekteer en die toonbeeld van krag ( Genesis 49:9; 1 Samuel 17:34; Rigters 14:8; 1 Konings 13:24; Job 39:1; Prediker 9:4; Jesaja 11:7; 38:13; 65:25; Esegiël 1:10; 32:2; Daniël 6:8; Joël 1:6; 1 Petrus 5:8; Openbaring 4:7; 13:2).

Luiperd: Jesaja 11:6; Jeremia 13:23; Daniël 7:6; Openbaring 13: 2.

Molle: Levitikus 11:29.

Muil: 2 Samuel 18:9; 1 Konings 1:38.

Muise: Levitikus 11:29; Jesaja 66:17.

Rotte: Jesaja 2:20.

Olifant: Esegiël 27:15.

Os: 1 Samuel 11:7; 2 Samuel 6:6; 1 Konings 19:20-21; Lukas 14:19.

Perd: Ryk mense het perde gery. Perde was veral in oorlog gebruik (Genesis 47:17; 1 Konings 4:26; 2 Konings 2:11; Job 39:22-28; Openbaring 6:2-8; 19:14).

Ribbok: Deuteronomium 14:5; 1 Konings 4:23.

Seekoei; Job 40:10.

Skaap: Skape was veeldoelige diere. Hulle vleis, velle en wol is alles tot die maksimum gebruik (Genesis 32:14; Eksodus 12:5; Deuteronomium 14:4; 2 Samuel 12:1-4; Lukas 15:4; Matteus 10:16; Johannes 10: 7).

Springbok: Deuteronomium 14:5.

 

Skrywer: Prof Jan van der Watt